Pienkvoet-Pret Waterkloof

Charolize
waterkloof@pienkvoetpret.co.za
071 503 9167

Ontmoet Charolize, die Pienkvoet-Pret tannie in Waterkloof

My Pienkvoet-Pret journey het begin in 2018, Mieke was 3 maande oud en ek was op kraamverlof.  Baie vinnig het Pienkvoet-Pret die hoogtepunt van my en Mieke se week geword.  Ek het daar besef ek wil ‘n Pienkvoet-Pret TANNIE word!  Min het ek toe besef, God se tyd is nie my tyd nie.  En kon ek uiteindelik in 2020 ‘n Pienkvoet-Pret Tak oorkoop.

Pienkvoet-Pret skep vir my die geleentheid om steeds juffrou en mamma te kan wees.  “The best of both worlds.”  Ek kan op die mat met God se Koningskinders speel, vir mammas ‘n veilige hawe skep, fotos neem, kreatief wees EN die grootste voorreg om tyd saam my eie gesin te kan spandeer.

Pienkvoet-Pret het my lewe as ‘n mamma verander en ek is so ongelooflik dankbaar dat ek nou die hoogetpunt van ‘n ander mamma en baba se week kan wees.

“FUN FACTS”

  • Ek het ‘n B ED Grondslagfase graad en was ‘n grondslagfase juffrou.
  • Ek drink daagliks te veel swart koffie.
  • Ek LOVE matching outfits.
  • Ek het ‘n vreeslike soet tand!
  • Ek dra net ‘n nommer drie skoen.
  • Ek hou van rokkies en sneakers en speel op die mat.
  • Ek is mal daaroor om saam mammas te bid.
“Elke mamma moet Pienkvoet-Pret oorweeg want… dis die een plek waar jy mamma tussen al die chaos van die besige lewe vir 90 minute JY kan wees.  JOU kind kan geniet en HARTSVRIENDINNE maak.  Hier is ons ‘n omgee gemeenskap wat nes jy, mamma, die beste vir jou kleintjie soek!”

Wat ander mammas sê

Leandri le Roux

Ek wil net graag hiermee vir julle van my dankbaarheid en opregte waardering vir Charolize Krugell vertel.

Charolize is uiters professioneel – altyd so goed voorbereid en met die pragtigste plakkate, oulikste idees, en mooiste geskenkies op spesiale geleenthede.


Sy het ook die wêreld se geduld! My klein rabbedoe, Nina, is soms all over the show, maar Charolize hanteer dit met grasie en het nog nooit haar koel verloor nie! Inteendeel! (Kan wel nie dieselfde van myself sê nie…
)

Charolize het ook die mooiste hart. Sy gee werklik om! Nina moes in April, net na haar eerste verjaarsdag, ‘n gedeeltelike nefrektomie ondergaan (sy is gebore met ‘n duplikaatsisteem in haar linkernier, wat toe ongelukkig begin probleme veroorsaak het, en ons kon dit nie langer uitstel nie). Charolize het baie hard saam met ons gebid en ‘n hele gebedsgroep om Nina opgeroep, en sy het gereeld ingeloer om te hoor hoe dit gaan Sy was daar – nie net vir Nina nie, maar ook vir my.

Dit was ‘n aaklige, woeste, emosioneel dreinerende tyd, maar Charolize se saambid, inloer en omgee het ‘n massiewe verskil gemaak.

Sy is nie net Nina se “Tannie Lies” nie, maar sy het ‘n geliefde vriendin geword.

Ek is opreg dankbaar sý is ons Pienkvoet-Pret Tannie!

Francis Symington

Pienkvoet-Pret Waterkloof het my as mamma en juffrou so baie van myself en my kind geleer. Dit is ‘n ‘feel-good’ omgewing, waar mammas by mekaar leer. Ek persoonlik het van my beste vriendinne en my kind se beste maatjies by Pienkvoet-Pret Waterkloof ontmoet. Ons sal ewig dankbaar wees!

Gerda Bouwer

By Pienkvoet-Pret Waterkloof word kinders van 3 maande tot 3 jaar speel-speel slim! Van baba tot peuter word hulle weekliks gestimuleer met heerlike aktiwiteite – sensoriese spel, teksture, groot-en fynmotories en musiek! Soms word ons almal lekker vuil, maar dis groot pret! By Pienkvoet-Pret Waterkloof maak die babas/peuters nie net maatjies nie, maar word mammas ook wonderlike vriendinne wat mekaar ondersteun sodat ons almal kan sê ons is “Mams Genoeg”!
  
Spesiale dae word met soveel detail gevier en Pappas, Oupas, Oumas en selfs groot sus welkom om saam te kom speel. Charolize dankie vir jou mooi hart en liefde vir elke kind en mamma wat by Pienkvoet-Pret Waterkloof aansluit! Ek kan beslis dit aanbeveel vir elke mamma! Kom loer gerus in en word deel van hierdie wonderlike mamma-bende

Bonique Maree

Van ‘n mamma wat al verskeie Pienkvoet-Pret klasse (takke) bygewoon het, kan ek met ‘n eerlike hart sê, Pienkvoet-Pret Waterkloof is definitief die beste Pienkvoet-Pret wat bestaan!

Charolize doen ongelooflik baie moeite met elke klas en stap die ekstra myl om die klasse leersaam, lekker en gemaklik te maak – nie net vir jou kind nie maar ook vir die mamma’s. Charolize is ‘n pragtige, sonskyn mens met die mooiste hart en sy het ‘n groot liefde en passie vir dit was sy doen en dit wys beslis in elkeen van haar klasse.

Jillian Roux

Beste besluit wat ek nog ooit gemaak het vandat ek ‘n mamma is was om by Pienkvoet-Pret Waterkloof aan te sluit. Ek sien altyd so uit na ons klassies. Ek het aangesluit toe my baba 3maande was en sy is nou al 7maande en dis nou soveel pret.
 
Charolize het een van daai aansteeklike persoonlikhede, voel asof mens haar al jare ken en mens voel dadelik welkom.

Sy is great met haar klassies, die aktiwiteite en die moeite wat sy in sit is net ongelooflik. Kry meer as net 100% by haarLoooovvveee Pienkvoet Pret Waterkloof en sal dit 100% aanbeveel.

 

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

Charolize
waterkloof@pienkvoetpret.co.za
071 503 9167

14 + 4 =

I have the power to create the life I desire.

Grace upon grace – John 1:17