Pienkvoet-Pret Upington

Maureen
upington@pienkvoetpret.co.za
082 570 7381

Ontmoet Maureen, die Pienkvoet-Pret tannie in Upington

My Pienkvoet-Pret avontuur het begin toe ek eers ‘n Pienkvoet-Pret mamma was.  Ons verhuis toe na Upington en hier kry ek die geleentheid om ‘n Pienkvoet-Pret Tannie te word. 

Vir so lank het ek saam met die Psalmdigter gebid in Psalm 119:37 “Weerhou my van ‘n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys.”  Pienkvoet-Pret is vir my die antwoord op daardie gebed.

“FUN FACTS”

  • Ek is ‘n Friends “fanatic”.
  • Baie lief vir katte ( maar ook in die algemeen ‘n groot diereliefhebber).
  • Did someone mention coffee?
  • Ek het ‘n vrees vir koringkrieke.
  • Baie lief vir lees, as ek begin met ‘n boek lees ek dwarsdeur die nag tot hy klaar is.

Elke mamma moet Pienkvoet-Pret oorweeg want, kinders spel liefde T-Y-D en by Pienkvoet-Pret help ons jou om kwaliteit TYD met jou pienkvoet te spandeer.

Wat ander mammas sê

Lizelle Heyns

Ons kuier elke week so lekker by Pienkvoet-Pret Upington! Elke week leer ons ietsie nuuts, en ek, as n tuisbly mamma leer ook nuwe stimulasies wat ons by die huis kan toepas. Die uur is ook ‘n lekker klets sessie waar ons idees en raad kan uitdeel en gee en vra teenoor mekaar, sonder enige “judgements”

JP-Gloudine Bence

Pienkvoet-Pret Upington is ons tyd van speel, ons tyd vir leer en ons tyd van geniet. Die stimulasie wat my dogtertjie kry sou sy nooit op ander plek kon kry nie en na die klassie speel die maatjies so lekker saam in veilige omgewing met ouderdomsgepaste speelgoed en die mammas kan ook lekker saam tee en koffie en net rustig saam kuier… VERSEKER die hoogtepunt van ons week!!!

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

Maureen
upington@pienkvoetpret.co.za
082 570 7381

13 + 2 =

Every ounce of effort we put into our children today will some day be measured and accounted for in our children’s futures

Robert John Meehan