Pienkvoet-Pret Randburg

Christél
randburg@pienkvoetpret.co.za
072 478 1067

Ontmoet Christél, die Pienkvoet-Pret tannie in Randburg

My Pienkvoet-Pret journey het in 2021 begin toe ek saam met my seuntjie ingeskryf het. Ons het dit baie geniet. Dit was vir my so lekker om kwaliteittyd saam met my seuntjie te kan spandeer, terwyl ons lekker saam speel en van nuwe stimulerende aktiwiteite leer.

In 2023 het die geleentheid op my pad gekom om die Pienkvoet-Pret Randburg tak oor te neem. Dit was absoluut van die Here af en ek het die geleentheid met altwee hande aangegryp.

Ek is ook ‘n sielkundige en het my eie praktyk. Kinderontwikkeling is een van my groot passies. Dit is vir my so lekker om te kan sien hoe die baba’s en kinders groei en ontwikkel by Pienkvoet-Pret.

“FUN FACTS”

  • Ek is ‘n sielkundige en werk ook in privaat praktyk.

  • Ek is ‘n mamma van ‘n pragtige seuntjie.

  • Ek geniet bak en brou.

  • Ek het nie net een soettand nie.

  • Ek het in die wildtuin groot geword.

“Elke mamma moet Pienkvoet-Pret oorweeg want hier leer ons hoe om ons kinders te stimuleer terwyl ons lekker saam met hulle speel, mamma’s ondersteun ook mekaar en word sommer hartsvriendinne terwyl die kinders ook geleentheid kry om te sosialiseer in ‘n veilige omgewing.

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

Christél
randburg@pienkvoetpret.co.za
072 478 1067

6 + 4 =

“you are fearfully and wonderfully made”

Psalm 139:14