Pappas, hierdie jaar se Moedersdag gaan verseker ‘n interessante een wees, en ons weet dat jul dit graag spesiaal wil maak vir die mamma in jul huis. Daarom het ons besluit om met julle ‘n paar idees (en aktiwiteite) te deel wat julle saam met jul kinders kan doen om die dag spesiaal te maak.

Vandag deel ons, ons eerste wenk en DIY …

Maak vir mamma ‘n pragtige DIY Moedersdagkaartjie …

STAP 1: Laai jul gratis Pienkvoet-Pret blompot “template” af en “print” dit uit

Julle kan julle gratis “template” hier aflaai

STAP 2: Laat jul kleintjie die blompot inkleur

In ons voorbeeld is die blompot “ingekleur” met verf en vingerafdrukke, maar die prentjie kan ingekleur word met kryte, verf of wat ook al julle in die huis het.

STAP 3: Plak pom-poms of knope as die blom se blare

Maak klein kolletjies gom waar die blom se blaartjies moet wees en laat jou kleintjie pom-poms of knopies daar plak.