Pienkvoet-Pret Potchefstroom

Ontmoet Yolandi, die Pienkvoet-Pret tannie in Potchefstroom

April 2018 het my reis by Pienkvoet-Pret Potchefstroom begin. Ek was einde 2017 nog met lang kraamverlof en kon toe saam ‘n vriendin vir die eerste keer met ons 2 kinders PVP se gratis lessies bywoon. Ek was mal daaroor en terselfdertyd teleurgesteld dat my werk omstandighede dit op daardie stadium nie toelaat om klassies verder te kon bywoon nie. In Januarie hoor ek dat die franchise in die mark is en dadelik besef ek dat as mamma is dit werklik die ideale beroep om eie ure te kan bepaal en ook middae by my eie kiddies te kan wees. Ek het wel nie besef dat ek dit selfs nog meer sou geniet as toe ek aanvanklik aansoek gedoen het nie. Om ‘n verskil te kan maak is regtig wonderlik, maar die voorreg is soveel groter vir die waarde wat al die mammas en Pienkvoete tot my lewe toevoeg.

“FUN FACTS”

  • Ek hou van kamp en watersport.
  • Ek wou as klein dogtertjie ‘n gimnastiek juffrou word.
  • Ek kan met een been hoela-hoep.
  • Skaaptjoppie en slapchips, Macaroni en kaas is van my gunsteling disse.
  • Ek is nie ‘n natuurlike blonde nie.
“Elke mamma moet Pienkvoet-Pret oorweeg want….. jy raak deel van ‘n belangrike “village” en tussen die heerlike mamma-geselskap deur, leer jou lyfie sommer speel-speel in ‘n veilige omgewing.”

Wat ander mammas sê

“PVP is die lekkerste tyd saam my lyfie! Ons leer, speel, dans en sing.
Beste kwaliteit tyd.”

“Pienkvoet-Pret is so spesiale kwaliteit tyd vir Mamma en Pienkvoet om te leer, speel en te geniet!”

“Die kinders kan speel en leer in ‘n veilige en vriendelike omgewing met Mamma aan hulle sy. Gee mens sommer baie idees van stimulasie.”

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

14 + 15 =

“Love what you do, and you’ll never have to work a day in your life”