Pienkvoet-Pret Port-Elizabeth

Ontmoet Nadine, die Pienkvoet-Pret tannie in
Port-Elizabeth

Ek is ‘n gekwalifiseerde onderwyseres en na ‘n paar jaar van skool hou het ek my regte passie ondek: Ontwikkeling van baba’s en peuters. Ek het my tak in 2018 oop gemaak en nog nie een dag terug gekyk nie. Om ‘n Pienkpret-Pret tannie te wees is die mees bevredigendste werk onder die son.

“FUN FACTS”

  • Ek het twee pragtige dogtertjies en ‘n seuntjie.
  • My liefdestaal is: kwaliteittyd.
  • Ek hou baie van admin en lysies maak.
  • Ek is ‘n see mens al hou ek nie baie van swem nie.
  • Ek eet 100 keer eerder iets soets as iets souts.

“Elke mamma moet Pienkvoet-Pret oorweeg want … dit is ‘n veilige plek waar jy kwaliteittyd saam met jou kind spandeer terwyl hulle speel-speel leer en jy hartsvriendinne maak.”

Wat ander mammas sê

Emmielize Schellingerhout-Beukes

Pienkvoet-Pret PE is ‘n veilige hawe waar ek en my dogtertjie eenmaal ‘n week rustig kan saam sit en nuwe, insiggewende en stimulerende take saam kan geniet.

Ek kan dan huis toe gaan en die nuwe vaardighede gaan toepas by die huis met my baba.

Ek’s so bly ek’t die besluit geneem om by Pienkvoet-Pret aan te sluit.

Nadine sit elke week soveel moeite in elke les wat sy aanbied en haar positiewe persoonlikheid is soos ‘n vars briesie.

‘n Groot bonus is natuurlik die nuwe mammas wat mens ook ontmoet waar mens gemaklik voel om dinge mee te deel en vrae te vra oor sommer enige ding.

Meryl Carin Roman

Pienkvoet-Pret is ‘n lekkerte en ‘n plesier. Elke week wag daar iets opwindend vir die kleintjies en never a dull moment.

Nadine se liefde en warmte is aansteeklik. Sy werk oulik met die kleintjies en het baie geduld.

Lekker uitkom kans vir mammas om te leer, ontspan en lag.

Hope pret en plesier!!

Solandi van Zyl

Pienkvoet-Pret! Ek en my dogtertjie geniet dit vreeslik. Nadine is baie goed voorberei en doen soveel moeite met elke sessie. Sy help en leer jou die regte vaardighede om ook by die huis prakties toe te pas wat jy geleer het. Van kleure stimuleer, tot kruip en rol sodat elke mylpaal behaal word. Donderdae oggende is ons gunsteling dag van die week!

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

14 + 2 =

“Of julle eet en of julle drink of wat oOkal julle doen, doen alles tot eer van die Here.”

1 Korintiërs 10:31