Pienkvoet-Pret Parys

Chezel
parys@pienkvoetpret.co.za
078 801 6060

Ontmoet Chezel, die Pienkvoet-Pret tannie in Parys

My Pienkvoet-Pret reis het in Augustus 2016 begin. 

Ek sien Pienkvoet-Pret Tannie wees as ‘n geleentheid om op ‘n speelse manier baie liefde uit te kan deel aan my Pienkvoete en die mammas wat spore los in my studio. Dis vir my die grootste plesier om ‘n veilige hawe vir mammas te skep, waar hulle net kan wees. Dis die perfekste kombinasie van ‘n weeklikse koffie-date-ontmoeting-met-nuwe-vreemdelinge-wat-nuwe-vriendinne-word-terwyl-ek-kwaliteittyd-saam-met-my-pienkvoet-spandeer. 

“FUN FACTS”

  •  My man noem my ‘n ‘’blood hound’’. Ek het n vreeslike sensitiewe reuksintuig. 
  • Ek is mal oor Doritos chips en Whispers sjokolade – GELYKTYDIG in my mond! Daai soet en sout is soos vakansie vir my mond. Voeg ‘n droëworsie by en ek is in die hemel.
  • My voete het definitief groter geword tydens my swangerskappe – maar dan ook, wat het nie? Hahaha!
  • Ek is baie baie baie familie vas en my boetie is vir my een van my veiligste hawens.
  • Ek konnekteer alle fases en herinneringe in my lewe met sekere reuke.

    “Elke mamma moet Pienkvoet-Pret oorweeg want… Ek doen dit al so lank en ek wens ELKE week ek was ook ‘n mamma in die klas want ek weet watse waarde hierdie klassies toevoeg tot jou pienkvoet se lewe, maar ook jou eie. Dis by Pienkvoet-Pret waar ek my ‘’village’’ gekry het, my hartsmense en lewenslange vriendinne en ek wil dit vir elke liewe mamma in Parys ook gun! “

    Wat ander mammas sê

    Anke Pienaar

    Baie dankie vir ‘n ongelooflike jaar by Pienkvoet-Pret. Chezel is altyd opgewek en vrolik, sy het ‘n passie vir ons kindertjies. Daar word saam gesing en musiek gemaak, gevoel en gevat aan verskeie teksture. 

    Pienkvoet-Pret het vir Lienke die geleentheid gegee om sosiaal te verkeer. Sy is mal oor die maatjies.

    Ilna Scholtz

    Waar begin ek? Pienkvoet-Pret Parys is waar my seuntjie sy eerste maatjies gemaak het, en week na week ongelooflik gevorder het te danke aan Pienkvoet-Pret! Dit was ook ‘n weeklikse weg breek vir my en my seuntjie om kwaliteit tyd saam te spandeer. Pienkvoet-Pret Parys was ook vir my as vrou en ma ‘n veilige wegbreek waar jy altyd welkom en veilig voel. Chezel is een van die ongelooflikste mense wat ek al ooit ontmoet het, en is so dankbaar vir haar en Pienkvoet-Pret Parys! Dankie vir alles Chezellie!!! Jy is wraggies ongelooflik!!! 

    Melanie van Rooyen

    Pienkvoet-Pret Parys – die HOOGTEPUNT van ons week!! Ons is absoluut MAL oor Pienkvoet-Pret. Ons was nuut op die dorp en Pienkvoet-Pret was ‘n “game-changer” om aan te pas. Ons dogtertjie geniet al die musiek, bewegings en aktiwiteite. Dit gee vir my ook die geleentheid om tyd saam my dogtertjie te spandeer en stimulerende aktiwiteite te leer wat ek by die huis met haar kan doen. 

    Chezel het die grootste en mooiste hart. Haar klasse is pret, kreatief, ouderdom spesifiek en sy doen soveel moeite. Die koffies na afloop van elke klas en die advies wat ek weekliks van Chezel en die ander mammas kry, is goud werd. 

    Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

    Chezel
    parys@pienkvoetpret.co.za
    078 801 6060

    7 + 15 =

    You are enough, just as you are!