Wen een kwartaal gratis by Pienkvoet-Pret … al wat jy hoef te doen is hier aan te sluit by ons nuusbrief:
Pienkvoet-Pret bied heerlike en omvattende stimulasie klasse aan wat jou kind se algehele ontwikkeling stimuleer.Die klasse word in die volgende 4 groepe ingedeel om te verseker dat ouderdom spesifieke mylpale bereik word:
- 3 – 6 maande
- 7 – 12 maande
- 13 – 21 maande
- 22 – 36 maande
Volg hierdie skakel om aan te sluit by ons nuusbrief
Laai jou Gratis Paasfees DIYs af hier …
Pienkvoet-Pret Paasfees DIY #1
Pas die paaseiers bymekaar
1. Druk jou gratis paaseiers ontwerpe uit, knip hul uit en knip hulle dan op die
stippellyne in 3
2. Skommel die uitgeknipte paaseiers en laat jou kleintjie weer die verskillende dele
bymekaar pas
Laai jou gratis paaseier ontwerpe hier af: Gratis paaseiers ontwerpe
Pienkvoet-Pret Paasfees DIY #2
Plak die stert op die hasie
1. Druk jou gratis hasie-ontwerp uit
2. Gebruik pompoms of watteballetjies
3. Sit ‘n kolletjie gom op die hasie en laat jou kleintjie die hasie se stert opplak
Laai jou gratis hasie-ontwerp hier af: gratis hasie-ontwerp
Pienkvoet-Pret Paasfees DIY #3
OPSIE 1: Versier die paaseier
1. Druk jou gratis paaseier ontwerp uit
2. Versamel knope, pompoms of ander klein voorwerpe rondom die huis
3. Sit ‘n kolletjie gom vir ‘n voorwerp op die paaseier en laat jou kleintjie dit daarop
plak totdat die paaseier versier is
Laai jou gratis paaseier ontwerp hier af: gratis paaseier ontwerp
OPSIE 2:
Versier die paaseier
1. Druk jou gratis paaseier ontwerp uit
2. Gebruik ‘n wasgoedpennetjie en knyp ‘n pompom daarin vas. Laat jou kleintjie die
pompom doop in verf en laat hom/ haar dan toe om die paaseier te versier met die
pompom.
Laai jou gratis paaseier ontwerp hier af: gratis paaseier ontwerp
Recent Comments