Pienkvoet-Pret Paarl

Lea
paarl@pienkvoetpret.co.za
082 770 6464

Ontmoet Lea, die Pienkvoet-Pret tannie in Paarl

My Pienkvoet-Pret avontuur het in Augustus 2022 by Charolize(Waterkloof) Pienkvoet-Pret tannie begin. My seuntjie het begin in haar 13 maande klassie. Pienkvoet-Pret het stadig maar seker in my hart in gekruip, ek het dit elke week so geniet en net gedink dat Pienkvoet-Pret n droom sal bly, wie kan nou so gelukkig wees om so n vervullende werk te kan kry.

Toe ek te hore kom van Pienkvoet-Pret Paarl wat in die mark is het ek net daar huistoe gegaan en vir my man gese dat as die Here hierdie vir my wil gee gaan ons begin met die aansoek en Paarl toe trek, hierdie is n droom wat gaan waar word. 

Ek het aansoek gedoen vir Pienkvoet-Pret Paarl begin Junie 2023 en einde Julie gehoor dat hierdie nuwe loopbaan van my gaan waar word.

Ek is n mamma van 2. My dogtertjie is 10 jaar oud en my seuntjie is my reenboog-baba. As dit nie vir die Here was wat hom vir my gestuur het nie sou ek nooit Pienkvoet-Pret ontdek het nie. Ek sal vir ewig dankbaar wees teenoor die Here vir dit.

.

“FUN FACTS”

  • Ek sal my linkertoon verkoop vir n stuk wortelkoek.
  • Enige probleem kan opgelos word deur n gebed, glas wyn en n warm bad.
  • Ek is mal oor enige iets met blomme op(hoe bonter hoe beter).
  • Ek het kuns geswot voor ek onderwys geswot het.
  • Alle oggende begin blou sonder n lekker sterk koppie swart koffie.

“Elke mamma moet Pienkvoet-Pret oorweeg want wanneer ons almal oud is en net ons kosbare herinneringe oor het, sal hierdie spesiale klassies saam met jou babatjie vir ewig vas gevang wees in jou gelukkige gedagtes.”

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

Lea
paarl@pienkvoetpret.co.za
082 770 6464

7 + 1 =

For we live by faith, not by sight.

2 Corinthians 5:7