Ontmoet die nuwe Pienkvoet-Pret Groenkloof/Brooklyn tannie – Charolize Krugell

“As ‘n eerste keer Mamma, bang en onseker het ons dadelik tuis gevoel by Pienkvoet Pret. Met die eerste klassie verloor ek my hart op die ongelooflike program. Ek ontmoet die wonderlikste mamma’s wat nes ek doodmoeg is. En dadelik is die saadjie geplant, “Ek wil ‘n Pienkvoet Pret Tannie wees.” 

Vinnig moes ek leer dat God se tyd nie my tyd is nie, maar dat God se tyd die perfekte tyd is. 

Ek het aanhou bid, droom en hoop. 

En uiteindelik is my tyd hier! Pienkvoet Pret Groenkloof/Brooklyn se nuwe Tannie! 

By Pienkvoet Pret staan die tyd vir ‘n uur en ‘n half stil. Kwaliteit tyd saam jou baba wat geen geld in die wêreld kan koop nie. Jy leer so baie van jou baba en vinnig word Pienkvoet Pret die hoogtepunt in julle week. 

Nou het ek die voorreg om die tydjie saam mamma en baba te kan SPEEL en LAG! Wow! 

Ek sien uit om my kennis as Grondslagfase juffrou te kan gebruik om te sien hoe die klein lyfies weekliks groei en ontwikkel. By Pienkvoet Pret is grootword kinderspeletjies!”