Nanny week

Eenmaal per jaar word die nannies genooi om ‘n klas saam met die baba en ma by te woon. As baba nie ‘n nanny het nie maar daar is ‘n huishulp is sy ook welkom. Die idee is om hierdie persoon baie spesiaal te laat voel en hul te inspireer om baba te stimuleer met dit wat hul elke dag gebruik. Jy gaan hul ietsie van stimulering leer.

 Jy vra nie ekstra geld vir hierdie week nie.

Laat die nannies gewone mooi klere aantrek, nie hul werksklere nie.

Al kan daar net een of twee nannies in ‘n klas kom hou jy nogsteeds nanny week en bied die klas op hul vlak aan. Ma’s woon steeds hierdie les by, dit is deel van hul lesse vir die kwartaal.

Betrek hul by die les- laat hul baie welkom voel. Vra hul om bv te sê wat hul naam beteken. Stel aan mekaar voor. Sit naamplakkers op. Prys hul vir hul wonderlike werk. Laat ma’s bv ietsie oor haar nanny sê wat vir haar spesiaal is.

(Julle is welkom om addisioneel ‘n “The Nanny movement” kursus by jul klasse te laat aanbied. Dit is ‘n volledige kursus vir nannies of au pairs) Kontak Evette vir meer info by  0721886378 of info@thenannymovement.co.za. Ek kan hul regtig aanbeveel en hul werk baie goed saam met ons.

Die les:

  • Gebruik idees en voorbeelde op hierdie webblad of doen aktiwiteite wat maklik of lekker en op hul vlak is. Alle templates en kaartjies is op Dropbox om te gebruik.
  • Doen die les soos gewoonlik, maar vertel heeltyd wat ons gaan doen, en waarvoor ons dit doen. Gebruik gerus die voorbeeldlesse aan jou voorsien.
  • Gee vir elkeen ‘n klein “prys” (soos sjokelade/ sepie) vir verskillende kompetisies tydens die les bv tydens geluide moet hul raai watter geluid jy maak. Hul moet raai hoe oud is die baba wat hul oppas of die ma vir wie hul werk.
  • Hoor wie ken ‘n rympie wat hul wil sê of vra hul waarvoor hul dink jul ‘n spesifieke oefening doen- waarvoor gaan dit help?
  • Die les moet bestaan uit goed uit hul leefwêreld, waarmee hul kan assosieer.
  • Gebruik liedjies op jou liedjielyste spesifiek vir Nannyweek soos voorgestel.
  • Verduidelik aan hul waarom babas nie heeldag op hul rug moet vas wees nie. Verduidelik ook hoekom babas nie heeldag moet TV kyk nie.
  • Neem fotos van elk terwyl hul aktiwiteite doen. Druk dan foto uit, plak op “Nanny-sertifikaat” en gee die volgende week saam huis toe.
  • Moedig nannies aan om meer stimulerende aktiwiteite tuis te doen.
  • Ma’s kan ook ‘n sepie, beker, lyfroom of ietsie toegedraai in ‘n waslappie wat die kinders dan na die klas vir hul kan gee om dankie te sê.
  • Kopdoeke uit helder Afrika – materiaal is ook ‘n oulike idee.

Voorbeeldlesse:

Uitnodigings

 

Buite

  • Dek vir hul ‘n mooi tafel met tafeldoek, blomme, servette, koppies ens. Ma’s kan apart op ‘n kombers sit as daar nie genoeg stoele is nie.
  • Sorg vir genoeg eetgoed! Ma’s bedien hulle.
  • Vra hul om vir jul ‘n liedjie of twee te sing – hulle is so goed met dit en die kinders geniet dit vreeslik!