Pienkvoet-Pret Moot

Carli
moot@pienkvoetpret.co.za
071 492 0160

Ontmoet Carli, die Pienkvoet-Pret tannie in Moot

Ek het in 2021 self met my seuntjie PvP gedoen. In 2022 het die geleentheid gekry om self my eie Pienkvoet-Pret franchise te kry. Dit was nog altyd ‘n groot passie van my om ‘n verskil in mense se lewens te maak. Die het vir my die geleentheid gegee om mamma’s te kan lei en te kan leer asook my liefde vir kinders te kan uitleef. Dit is vir my ‘n groot voorreg om elke dag kinders te kan leer en  te kan sien hoe hulle ontwikkel tot hulle volle potensiaal.

.

“FUN FACTS”

  • Ek is ‘n nuwejaarsbaba.
  • Ek is baie bang vir ‘n ballon.
  • Ek gril vir ys.
  • My gunsteling dier is ‘n donkie.
  • Ek kamp graag.
“Elke mamma Moet PvP oorweeg omdat dit ‘n geleentheid is om in ons besige lewe net te stop en ‘n oomblik te vat waar dit net jy en jou kindjie is (waar julle spesiale tyd Saam Kan geniet). Elke mamma Moet dit oorweeg want dit is hier waar jy as mamma leer hoe om jou kind te ontwikkel. Dit is hier waar jy en jou kind nuwe vriende Kan maak en mekaar Kan ondersteun.  Oorweeg dit want Elke liewe kind Moet die geleentheid kry om te Kan ontwikkel en hoe nog beter as jy dit Saam jou kind Kan doen.”

Wat ander mammas sê

Celeste

 Pienkvoet-Pret by Tannie Carli gee vir ons elke week die geleentheid om spesiale mamma en seuntjie tyd te geniet. Ons kan nie wag vir ons weeklikse klassie van speel-speel slim word nie.

Lizemarie

Ons is so lief vir ons Pienkvoet-Pret klassies. Die lekker leer en speel en veral die lekker tee en gesels na die klas. Dit is hier waar ek kan raad vra en waar ek lewenslange vriendinne gemaak het. Ek het hier geleer hoe om die beste mamma vir my dogtertjie te wees. Elke klassie is so mooi beplan en Tannie Carli het so baie energie en liefde om te gee. My dogtertjie het so baie ontwikkel in die jaar van Pienkvoet-Pret.

Cindy Bester

Ek sal vir elke mamma Pienkvoet-Pret aanbeveel. Carli doen so baie moeite met elke mamma en baba. Elke klassie word met baie liefde en omgee aangebied. Ons geniet die klassies by Tannie Carli so baie

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

Carli
moot@pienkvoetpret.co.za
0714920160

14 + 9 =

“Don’t judge each day by the harvest you reap but by the seeds that you plant.” 

-Robert Louis Stevenson