Pienkvoet-Pret Montana

Carol-Mari
montana@pienkvoetpret.co.za
076 807 5159

Ontmoet Carol-Mari, die Pienkvoet-Pret tannie in Montana

My Pienkvoet-Pret journey het in 2023 begin. Ek het my seuntjie ingeskryf en ek kon sy eerste klassie bywoon. Die res van die klassies moes hy saam sy ouma doen, want ek moes werk. Ek het in my kraamverlof tydperk na ander werk begin soek, omdat ek meer by die huis wou wees om tyd saam my man en seuntjie te spandeer. Niks het egter uitgewerk nie, maar ek het dit gevat soos dit gekom het, want ek het vir die Here gevra “asseblief laat dit net uitwerk as dit U wil is”. Ek het ook navraag gedoen oor enige Pienkvoet-Pret franchise geleenthede in Pretoria, maar daar was op daardie stadium geen geleenthede nie.

 

My seuntjie het met sy klassies begin en op daardie presiese tyd is die Montana tak in die mark gesit. Ek was so opgewonde toe ek dit sien en het dadelik navraag gedoen en met die keuringsproses begin.

Daai middag toe ek die boodskap kry dat ek die tak kan oorkoop, was ek in absolute ekstase gewees. Al wat deur my kop gegaan het is: “Dankie Jesus!”

 

Dit is ‘n ongelooflike groot voorreg om die Pienkvoet-Pret tannie in Montana te wees.

“FUN FACTS”

  • Ek is absoluut mal oor diere.
  • Ek het op ‘n plaas in die Vrystaat groot geword.
  • Jy kan my omkoop met lekker kos.
  • Ek hou nie daarvan om te swem in koue water nie.
  • Ek is baie lief vir kinders.

Elke mamma moet Pienkvoet-Pret oorweeg want dit is ‘n baie spesiale “bonding” tyd vir mamma en baba waar ons jou bemagtig met inligting oor hoe om jou kleinding speel-speel te leer. Baba maak maatjies, mamma maak vriendinne en jy gaan nooit weer wil loop as jy eers deel van die Pienkvoet-Pret familie is nie.

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

Carol-Mari
montana@pienkvoetpret.co.za
076 807 5159

1 + 15 =

For I know the plans I have for you,” declares the LORD, “plans to prosper you and not to harm you, plans to give you hope and a future.