Pienkvoet-Pret Midstream
Chanté
midstream@pienkvoetpret.co.za
083 611 0869
Ontmoet Chanté, die Pienkvoet-Pret tannie in Midstream
Ek is ‘n mamma van ‘n pragtige dogtertjie en het ‘n groot passie vir kinders en opvoeding. Stimulasie is vir my lewensbelangrik, veral tussen die ouderdom van 3 maande tot 3 jaar. Dit bevorder breinontwikkeling, vorm emosionele sekuriteit, verbeter taalverwerwing en fisiese groei. As onderwyseres het ek daagliks beleef hoe belangrik stimulasie en betrokkenheid is.
As mamma, pappa, oupa en ouma lê ons grootste nalatenskap in ons kinders. Pienkvoet Pret Midstream bied my die geleentheid om ouers en grootouers te help om van kleintyd af die regte stimulasie aktiwiteite te doen en deel te wees van elke kleinding se ontwikkeling sodat hulle kan groei tot die beste van hulle eie unieke vermoë.
“Community” is vir my belangrik. En dis my hart om by Pienkvoet Pret Midstream ‘n opbouende ‘community’ te vorm waar mammas met hulle kinders van soortgelyke ouderdomme sommer al van vroeg af verhouding kan bou en op mekaar kan steun. Hier lag ons saam, deel ons raad en bied soms net ‘n drukkie op die moeiliker dae of seisoene.
“FUN FACTS”
- Ek wens ek kon goed sing.
- Ek het 3 keer die dans wêreld kampioenskappe gewen
- Ek is mal oor lees.
- Ek het Suid-Afrika verteenwoordig in 3 verskeie disiplines, Dans, Ritmiese gimnastiek en Sport Aerobics
- Die see is my gunsteling plek in die wêreld.
Elke mamma moet Pienkvoet-Pret oorweeg want dit het ewigheidswaarde. Hier maak ons kosbare herhinneringe, hê hope pret en sien eerstehands hoe jou kleinding ontwikkel en groei.
Tydens die gejaag van die eindelose lysie van goed wat nog gedoen moet word, staan tyd vir ’n kort rukkie stil en jy kry kwaliteit tyd saam jou kleinding. Jy kan jou koffie warm drink en saam mamma’s lag en leer wat saam jou deur dieselfde dinge gaan.
Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!
Chanté
midstream@pienkvoetpret.co.za
083 611 0869
As ‘n mamma is jy dalk in die agtergrond van elke foto, maar jy is die hart van elke kosbare herinnering.
