Pienkvoet-Pret Middelburg

Louise
middelburg@pienkvoetpret.co.za
079 856 0187

Ontmoet Louise, die Pienkvoet-Pret tannie in Middelburg

In 2018 is my eerste baba gebore, en soos meeste Mammas het ek snikkend begin dink aan terug gaan werk toe. In die aanloop tot terugkeer, het ek my werk verloor. Ek het angstig na iets begin soek om steeds ‘n bydrae tot ons gesinslewe te kan maak. Na vele mislukte aansoeke en teleurstellende onderhoude het ek een Sondag aand op Facebook gesien Pienkvoet-Pret Middelburg is in die mark. In ekstase en met reuse opgewondenheid het ek amper my man laat hartaanval kry van my gil van opgewondenheid. Ek het dadelik geweet hierdie is die antwoord op my gebede!! Aansoek is gedoen en met groot opgewondenheid het ek en my baba begin klassies bywoon. Toe kry ek my uitnodiging vir ‘n onderhoud. Meer en meer het ek net besef dat hierdie absoluut is wat ek wil doen.

Kort daarna het ek my lekkerste e-pos nóg ontvang. So is my tweede baba in Oktober gebore toe ek my deure as eienaar die eerste keer oopmaak. Die voorreg om deel te kan wees van ontwikkeling van klein lyfies is die lekkerste lekker. Om weekliks te kan sien hoe baba én Mamma ontwikkel en groei maak my opgewonde. Mamma-wees is ‘n reuse oorweldigende, ontnugterende uitdaging. En om deel te wees van elke Mamma se “village” en ‘n veilige omgewing te skep waar Mammas saam lag, leer, huil en selfs bid is die wonderlikste voorreg.

“FUN FACTS”

  • Ek kan my neus met my tong raak
  • Ek is histeries bang vir slange
  • Ek hou vreeslik baie van “dad-jokes”
  • Ek kan my kop met my voete raak
  • Ek hou baie van Super-hero flieks
“Elke Mamma moet Pienkvoet-Pret oorweeg want boeke, google, ouvrou-stories en tannies in Spar maak mens deurmekaar en laat jou dom voel. Mammas met dieselfde ouderdom kindertjies verstaan jou vrae, bekommernisse en deurmekaar-gevoel. Hulle ondersteun, gee doeltreffende raad en gee regtig om. ‘n Gelukkige mamma sien kans vir soveel meer! Pienkvoet-Pret bied aan jou die beste “tools” en idees om op ‘n spelende manier met eenvoudige goed wat by jou huis is jou baba sommer baie slim te leer! Ontwikkeling wat werklik speel-speel gebeur! Dit is ‘n besonderse gemeenskap waar hartsvriendinne gemaak word!”

Wat ander mammas sê

Mariska Griffin

Pret klassies wat ons kindertjies stimuleer terwyl mamma lekker saam speel.. Dankie Louise vir jou uitmuntende klassies.. ons sien vreeslik uit na elke week se klassie..
Ons poppie Luah is 18mnde oud en dis ‘n fees om te sien hoe sy goedjies by die huis herhaal wat ons in die klassies ook gedoen het..
Ons kan nie genoeg dans en speel nie..
Dankie dat Pienkvoet-Pret Middelburg dat ons deel kan wees van julle fantastiese program. Dankie Louise vir jou toegewydheid, passie en liefde..

 

Simone vd Merwe

Pienkvoet-Pret Middelburg is ‘n ongelooflike plek vir mamma en baba. Louise is die beste en ons het tuis gevoel van dag een af. Leer deur speel is ‘n fantasties prinsiep en Louise gaan regtig uit om moeite te doen by elke les. Die vibe is awesome en dit voel soos familie. Al twee my babas het Pienkvoet en ons Pienkvoet Tannie baie lief. I highly recommend this for moms. It’s a great way to bond and spend quality time with your baby.

Ulrika Enslin

Ek en my dogtertjie is nog baie nuut by PVP maar ons voel reeds soos familie. Dis n plek waar ons as mammas saam ons babas kan leer en speel maar ook waar ons nuwe mense kan ontmoet en ons experience van ma- wees, the good and the ugly, kan deel!

Stephanie Jansen van Vuuren

Pienkvoet-Pret is regtig ‘n must vir elke mamma en baba. Ons as mammas leer net so baie soos ons babas. Ons geniet elke oomblik van elke klassie. Dis saam lag, dans, speel en gesels en so ‘n lekker support system vir enige mamma. Louise is regtig net hierdie amazing Pienkvoet-Pret tannie. Ons word altyd met soveel warm en vriendelikheid ontvang. Sy is net die beste en die kids (en ons) love haar.

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

8 + 6 =

“Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê”