Pienkvoet-Pret Lynnwood

Ontmoet Janica, die Pienkvoet-Pret tannie in Lynnwood

My naam is Janica Steenkamp, Lynnwood se Pienkvoet-Pret Tannie.

Ek is getroud met Jaco. Hy is my steunpilaar en beste vriend.

Ons is ook trotse ouers van twee klein besige lyfies, Sumiekè en Janlu wat ons huis vul met liefde, laggies en nie ‘n oomblik se stilte of stil sit nie, maar ons verruil dit vir niks.

Ek was in die bevoorregte posisie om ‘n huisvrou te wees en onderwys te studeer. Ek het nog altyd ‘n passie gehad vir kinders en om met kinders te werk, om te sien hoe jy in hierdie klein ‘sponsies’ se lewe ‘n positiewe inpak kan maak.

Ek het ‘n eerste mamma geword in 2020, toe ons nog in vol “lock down” was, as ‘n COVID mamma het ek baie tyd gehad saam my dogtertjie, alleen net ek en sy, wat ek vir altyd sal waardeer en koester, maar tog het ek gevoel, ek kort hulp, iemand waarmee ek kan praat en ‘n uitkom kans. Ek het toe ‘n Pienkvoet-Pret mamma geword, en geweet eendag wil ek ook ‘n Pienkvoet-Pret tannie wees.

Ek is so opgewonde en dankbaar dat ek vandag hier kan sit en sê ek is ‘n Pienkvoet-Pret tannie. Ek sien uit om saam met elke mamma en pienkvoet ‘n pad te stap, vol vreugde, vrede en geluk, waar elke mamma en baba kan weet dat Pienkvoet-Pret Lynnwood ‘n plek sal wees waar almal veilig sal voel en aanvaar word vir wie hulle is as mamma.

“FUN FACTS”

  • My gesin en familie is baie belangrik vir my en my grootste trots.
  • Ek het my SA klere in karate en is tans ‘n 2de dan (2de swart belt).
  • Ek love ‘coffee dates’ saam my vriendinne.
  • Jeans en ‘n t-shirt is my ‘go to outfit’.
  • Jy kan my omkoop met ‘n lekker stuk kaaskoek.

“Elke mamma moet Pienk-voet oorweeg want nie net is Pienkvoet-Pret ‘n plek waar mamma en baba lekker kan saam speel, leer, en memories maak nie, maar ‘n plek waar jy as mamma, ander mammas kan ontmoet wat verstaan, omgee en ‘n hartsvriendin kan word. Pienkvoet-Pret is jou veilige hawe, jou koffie date en jou spesiale tyd saam baba.”

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

6 + 11 =

“No matter how hard the past. You can always begin again.”