Lenteweek

Ons vier dit September of Oktober maand. ‘n Goeie tyd is dalk die laaste week voor jy sluit vir die September/Oktober vakansie.

Die Kapenaars het gewoonlik nog nie lente weer dié tyd nie. Hou dit dan gerus later.

Volg jou gewone les, maar vervang dalk een of twee van die aktiwiteite rondom die lente- tema. Jy hoef nie die hele les of die hele maand rondom die tema te werk nie.

‘n Klein geskenkie vir ma en baba is ook oulik maar dis nie verpligtend nie. Dink eerder kreatief en goedkoop en gebruik die idees in hierdie dokument. Mammas kan ook net ‘n plantjie of blomme onder mekaar uitruil.

Hoor by ‘n bloemiste of kwekery of hul nie ‘n blom of plantjie vir elke ma wil skenk in ruil vir ‘n advertensie op jou blad nie.

Rympies

Oulike rympies vir September of Oktober maand

(Laat babas handjies klap terwyl hul die rympie sê)

Vygies blom

Die vygies blom
Die bytjies brom
Die vlinders vlieg
Want lente kom!

Winter is verby

Jippee yeah, ons is so bly,
Die winter is verby!
Buite speel, die son wat skyn
Ons harte is so bly!

Grassies groen

Grassies groen en blomme mooi (klap op die ritme van die rympie)
Pers en pienk en helder rooi
Miertjies kruip hier oor my toon (kielie baba onder sy tone)
En voëltjies vlieg van boom tot boom! (maak asof baba vlieg met sy arms)

Lenterympie

Liewe lawwe lyfie,
Hoor hoe koer die duifie!
Dis die mooiste dag
Wat buite vir ons wag.

Spring is here

Spring is here, spring is here
Goodbye snow, flowers grow
Birds and bees, leaves on trees.
Hello spring, hello spring!

5 Happy flowers

5 yellow flowers, happy in the sun (waai handjies in die lug)
Along came the wind and blew down one (val met hele lyfie na die kant toe)
Tel af tot by 0

Hou gerus ‘n Lente-Piekniek vir al jou ma’s saam (in plaas van klas) bv die laaste week voor die skool sluit. As die piekniek jou klasse vervang, betaal die mas nie. As die piekniek bv op n vakansiedag of Saterdag is moet hul self betaal.

Die piekniek hoef nie lente-aktiwiteite te hê nie.Ontspan net lekker saam met die ma’s en kinders.

Of, maak net jou klas korter en kuier langer buite met ‘n lente piekniek-tema.

  • Onthou om vroegtydig uitnodigings te stuur! Volg hierdie skakel vir Lenteweek Uitnodigings Templates
  • Roomys en vrugteslaai vir ma’s in kerrie- en -rys bakkies werk fantasties. Vrugte-sosaties is ook oulik.
  • Ysies vir kinders werk lekker.
  • Ma’s kan pakkie saadjies/kruie/potplant bring en onder mekaar uitruil.

Vir jou lenteweek in jou klas:

Laat ma’s en dogtertjies tone verf tuis en gee ‘n prys vir die mooiste lente-tone in die klas.

Ma’s en babas kan soos goggas of blomme aantrek vir klas. Gee gerus ‘n prys vir die kreatiefste een

Gee ‘n prys vir die kreatiefste lente-sandale

Yolandi in Potch

Gee ‘n prys vir die kreatiefste lente-sonbrille

Laat hul lente hoede aansit vir klas.

Yolandi in Potch

Yolandi in Potch

Marilee se babas plant blomme
in klei-eierhouers

Marilee se babas het met lemoene in gekleurde water gespeel.

Marilee laat hul op kunsgras met blomme speel

Blomme op roomysstokkies

Trek blare of blomme van DC Fix af

Trek blare of blomme van DC Fix af

Monya se oulike idee volgens 'n vrugte tema.

Goggas vir al die ouderdomsgroepe

22-36maande:

Hul kan voorwerpe uit die natuur soos stokkies, blare, sade, blomme, blare en peule ens uit ‘n groot bak kry en sorteer by die regte kleur.

22-36maande: 

Aktiwiteit met blare

Monya se oulike aktiwiteit

Sorteer blare

Plak “ribbon”pasta op karton vir 22-36maande klas. Mamma kan help om ‘n vlinder te teken en laat hul met verskillende kleure die skoenlappers verf.

Maak vir kinders “Fruitloop”- skoenlappers of gebruik lekkertjies soos op foto: Gebruik ‘n “Sandwich ziplock sakkie”, vul met Fruitloops/lekkertjies/vrugte en bind in die helfte styf vas met gekleurde pypskoonmaker/geverfde wasgoedpennetjie. Krul nou punte van pypskoonmaker dat dit soos ‘n skoenlapper se voelers lyk.

Maak druiwe-wurms wat 13-21mnde en 22-36mnde kinders self van stokkies moet aftrek en eet.

 Oulike idee saam met jou lintelaken- maak syblomme of blare aan die linte vas.

Gee gesnyde pool noodles om te versier met
pom poms, knope ens. Sny gleuf aan die kant
om roomysstokkie in te druk en 'n blom te maak.

Blomgesigte op lepels:

Idees om met handjie/voetjie -afdrukke te doen:

Idees om met handjie/voetjie -afdrukke te doen:

Doen aktiwiteite op kuns- gras

22-36maande:
Gee vir elk ‘n skinkbord op met so 5 bakkies met verskillende blomme en blare in. Gee nou ekstra wat hul in die verskillende bakkies moet sorteer. Laat hul ook aan die blomme en blare ruik.

Laat jou 22-36maande klas hul vrugte sosaties ryg

22-36 maande kinders kan self uitdruk met koekiedrukkers

Maritza se aktiwiteite


Geskenkie idee vir die mammas : Purity botteltjie met lekkertjies of stukkie koek in. Versier mooi.

Gebruik jou plakkers vir hierdie

Gebruik jou plakkers vir hierdie

Gebruik jou plakkers vir hierdie

Maryna se oulike geskenkie met sonneblomsade

Om buite te doen

Om buite te doen soos Monya

Mammas kan plantjies onder mekaar uitruil

Charolize

Om buite te doen

Vries blomme in water om mee te speel

Maak grondboontjiebotter "bird feeders"

Maak ‘n oulike fotohoekie of neem fotos uit blomrame soos Tamsin

Maak ‘n oulike fotohoekie of neem fotos uit blomrame soos Maryna

Maak ‘n oulike fotohoekie of neem fotos uit blomrame soos Yolandi

Marilee het blomme teen 'n muur geplak en as fotohoekie gebruik

Gee vir ma's en peuters verskillende kleure waterverf om mekaar se tone of voete te verf.

Druk die "Gelukkige Lente" kaartjie ontwerp onder "Kaartjies" en gee saam met 'n klein blom of takkie.

Helene se lenteweek

Helene se lenteweek

Helene se lenteweek

Helene se lenteweek

Helene se lenteweek

Helene se lenteweek

Vrugtefees

Vrugtefees

Vrugtefees

Tamsin se lenteweek

Tamsin se lenteweek

Tamsin se lenteweek

Tamsin se lenteweek

Tamsin se lenteweek

Tamsin se lenteweek

22-36maande:Druk die skilpad ontwerp uit onder “Aktiwiteite” en lamineer. Plak ‘n melkskommel “Take away” doppie met ‘n gluegun vas op elke sirkel. Gee vir elk 4 skilpaaie, 1 in elke kleur. Gee so 2 pom poms in elke kleur en laat hul dit in regte gat gooi.

Tamsin se lenteweek

Tamsin se lenteweek

Aktiwiteite

7-12 maande:

  • Laat hul blomme ruik
  • Magneet goggas afhaal en bêre
  • Vilt wurm uitmekaar trek
  • Speel met potpourri of roosblare in bakke
  • Soek plastiese goggas in bv jellie of budgiesaad
  • Laat hul skuifspelde aftrek van ‘n gogga of blom prentjie

13-21 maande

  • Lemoen-vlinder om te proe
  • Komkommer wurm om te proe
Laat babas die skoenlapper volg met hul ogies. Ouer kinders kan hom versier met gom en teksture of plakkers.
3-6 maande:

Volg ‘n blom-prentjie of skoenlapper-gesiggie.

7-12 en 13-21 maande:

Lamineer, knip uit en plak op stokkies. Laat hul dit uit voorwerpe trek soos ‘n blik met gleufies of oase.

22-36 maande:

Laat hul kleure bymekaar pas.

7-12 en 13-21maande


Lamineer, knip uit en plak op stokkies. Laat hul dit uit voorwerpe trek soos ‘n blik met gleufies of oase.

22-36 maande:

Laat hul kleure bymekaar pas. 

Maak gate aan die kant (gebruik sosatiestokkie, nie te veel gate nie) en laat hul met ‘n veter ryg.

Maak gate aan die kant (gebruik sosatiestokkie, nie te veel gate nie) en laat hul met ‘n veter ryg.

22-36maande:

Jy knip vooraf blare ens uit en hulle moet dit dan op die blom op die regte plek plak.

Vir 22-36 maande klas:

Elke kind kry ‘n gelamineerde blommetjie. Gee vir elk ‘n bolletjie klei wat hul dan op die blomgedeelte moet vasdruk. Elke kind kry ook ‘n bakkie met 4 pom poms en 4 stokkies in. Gee vir elke ma ‘n ander patroon- kaartjie en laat hul vir die kind mooi wys hoe om die patroon op die klei te pak soos op die prentjie. Roteer dan kaartjies.

Vir die kleiner babas kan jy op elke blom ‘n ander tekstuur plak soos sade, watte, skuurpapier ens en dit dan as ‘n sensoriese aktiwiteit gebruik- hul voel en vat daaraan en kan daaroor loop. 22-36maande klas kan dit self versier met sy eie bakkie gom, kwassie en teksture

22-36maande:

Gee vir hul blomblare of blomprentjies om self te plak op die blompot. Gee verfkwassie en Ponal gom in ‘n bakkie vir elk.

Lamineer en plak op roomysstokkies. Trek uit deksels/bokse/eierhouers. Of steek die prentjies weg onder in tekstuurbakke om te soek.

22-36 maande:

Laat hul knope, koeldrankdoppies, pom poms of klei plak.

Vir 22-36 maande klas:

Gee vir elk ‘n skaduwee papier (gelamineer) en dan die prentjies (uitgeknip en gelamineer) om by die regte skaduwee te pas. Benoem elk en laat hul vir jou uitwys watter een is waar.

3-21maande en 22-36 maande:

Lamineer die werkkaart. Plak ‘n  “take away”smoothie dekseltjie met ‘n gluegun bo op elke skilpad vas. Gee vir elk so 2 rooi, blou, geel en groen pom poms om in die gaatjies te gooi by die regte kleur.

Lamineer. Laat hul dit in oase/polistirienbakkie druk en weer uittrek.

13-21 maande:
Gebruik die roomys prent. Lamineer. Smeer verskillende smake op elk soos jogurt, heuning, sjokeladesous

22-36 maande
Gebruik template van die roomyse. Druk op karton. Gee vir elk ‘n bakkie gom en ‘n kwassie met 3 verskillende teksture en laat hul die roomyse versier met bv watte, balletjies, confetti, growwe sout, gekleurde rys/sago ens.

Druk uit en lamineer vir 22-36maande klas. Knip in die helfte. Gee nou 2 blomme van verskillende kleure vir elke baba. Laat hul maatjies pas. Roteer. Ouer kinders kan dalk 3 of 4 blomme kry om dit moeiliker te maak.

Vir jou 22-36maande babas:
Elkeen kry ‘n stel uitgeknip en gelamineer. Hul moet roomyse sorteer volgens die verskillende patrone en dan ook volgens kleur. 
Kleiner ouderdomsgroepe:
Kan die roomyse op stokkies uittrek uit verskillende voorwerpe.

Vir 22-36 maande klas: Gee vir elk so reënboog, gelamineer op ‘n skinkbord. Laat hul verskillende kleure klei in worsies rol en dan bo op die reënboog pak.

Lamineer, knip uit en plak op stokkies. Laat hul dit uit voorwerpe trek soos ‘n blik met gleufies of oase.

Druk uit en lamineer vir 22-36maande klas. Laat hul ‘n pom pom/knoop al op die lyntjie stoot met hul vingertjies.