Pienkvoet-Pret Irene

Marilee
irene@pienkvoetpret.co.za
069 472 2650

Ontmoet Marilee, die Pienkvoet-Pret tannie in Irene

My naam is Marilee en ek is die eienaar van Pienkvoet-Pret Irene sedert Augustus 2021. 
Om elke dag met God se kinders te werk en mammas te ondersteun, bied vir my die geleentheid om elke dag ‘n verskil te maak. 
Die wete dat ek kinders help om hul volle potensiaal te bereik, verskaf vir my groot vreugde. Om te doen waarvoor jy lief is, is die hoeksteen van oorvloed in jou lewe. 

“FUN FACTS”

  • Ek is ‘n gekwalifiseerde Grondslagfase onderwyseres. 
  • Ek is ‘n mamma van twee pragtige dogtertjies. 
  • Ek hou baie van Nachos.  
  • My gunsteling vakansie plek is by die see.
  • Ek het die lekkerste werk in die wêreld!

Wat ander mammas sê

Charné van der Walt

Die klassies is definitief ons hoogtepunt van die week! Ons sien sò uit na Donderdae om lekker te gaan speel by ons Pienkvoet-Tannie Marilee. Die mamma’s word ook vriendinne.

Melissa van Deventer

My dogtertjie is mal oor haar Pienkvoet-Pret klassie in Irene. Marilee doen ‘n uitstekende werk met die kleintjies. Hierdie klassie is vir my so kosbaar saam my kind, en dit is fantastiese ontwikkeling.

Leomari Botha

Ons sien elke week soooo baie uit na ons Pienkvoet-Pret klassies! Dis die hoogtepunt van ons week. Dankie Marilee dat jy soveel moeite doen met elke klassie en dat ons dit altyd so baie geniet en kan lekker speel, leer en kuier saam al die mammas en maatjies. Albei my seuntjies was by PVP Irene en my 3de enetjie sal verseker ook gaan.

Linda Jooste

Sien uit na elke klas. Nie net omdat Míla iets leer nie, maar ook vir die geselskap, saam ander wat net die beste soek vir hul kleintjie. Met elke klas is daar iets nuuts en opwindend. Marilee doen so baie moeite nie net vir die kinders nie maar vir almal wat bywoon.

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

Marilee
irene@pienkvoetpret.co.za
069 472 2650

4 + 2 =

“Play is the highest expression of human development in childhood, for it alone is the free expression of what is in a child’s soul.” ~ Friedrich Froebel