Wat is Pienkvoet-Pret

Babas se eerste 1000 dae is ontsettend belangrik! Dis hier waar jy ‘n kind se boublokke vir die res van hul skoolloopbaan vorm.

David Feuerstein het gesê dat ‘n kind ‘n liefdevolle volwassene nodig het om die wêreld vir hom oop te sluit en betekenis daaraan te gee. By Pienkvoet-Pret leer ons jou hoe!

Pienkvoet-Pret bied reeds vanaf 2000 heerlike en omvattende stimulasie- en -ontwikkelingsklasse aan wat jou kind se algehele ontwikkeling stimuleer.

Ons doel is om aan mammas of pappas die geleentheid te bied om in ‘n ontspanne atmosfeer speel-speel hul baba te stimuleer en te geniet. Hierdie is baie belangrike kwaliteit-tyd met mekaar.

David Feuerstein het gesê dat ‘n kind ‘n liefdevolle volwassene nodig het om die wêreld vir hom oop te sluit en betekenis daaraan te gee. By Pienkvoet-Pret leer ons jou hoe!

Wat maak Pienkvoet-Pret so anders

‘n Gevestigte kurrikulum sedert 2000
‘n Uitstekende program word gevolg
Uitstekende kombinasie van binne en buitespel
Passievolle franchise eienaars
Veilige sosialisering vir babas. 
Ondersteuningsnetwerk vir ma’s.

Pappas, oupas, oumas, au-pairs en nannies ook welkom

Kontak jou naaste tak

Wat doen ons by pienkvoet-pret

Klasse is ouderdomsgepas om mylpale te ondersteun:

3-6maande  |  7-12maande. |  13-21maande  |  22-36 maande

Ons leer elke week speel-speel vir 90 minute saam
Kuns-aktiwiteite
Fyn motoriese aktiwiteite
Groot motoriese aktiwiteite
Sensoriese bewustheid
Musiek en beweging
Rympies en taal ontwikkeling
Storietyd
Baba massering