Subskripsie boks FAQ

Ons weet dat nuwe produkte met nuwe vrae kom, en ons wil seker maak dat al jou vrae beantwoord word en dat daar geen onduidelikheid is oor hoe ons subskripsie bokse werk nie.
Daarom het ons besluit om sommer reeds ‘n paar van die vrae wat ons die meeste gevra word in hierdie e-pos te beantwoord:

Mamma, as jy vrae het wat nie beantwoord is in hierdie e-pos nie kan jy ons gerus kontak.

Suné: orders@pienkvoetpret.co.za

1. Hoe werk Pienkvoet-Pret se maandelikse subskripsie bokse?

Jy ontvang maandeliks die subskripsie boks tot en met jy jou subskripsie kanselleer. Jou subskripsie hernu outomaties wanneer jou oorspronklike betalings tydperk verby is.

Byvoorbeeld as jy die maandelikse subskripsie boks bestel het op die 27ste Junie sal jou volgende boks se betaling afgaan as ‘n debietorder op die 27ste Julie.

2. Hoe werk dit as ek vir die 3 maande, 6 maande of jaarlikse opsie opgeteken het?

Ons langer betalings tydperke beteken dat jy vir 3, 6 of 12 maande ‘n eenmalige betaling maak wat beteken dat jy afslag kry en geld spaar per boks. Jou subskripsie hernu nogsteeds outomaties wanneer jou oorspronklike betalings tydperk verby is.
 
Byvoorbeeld, as jy op die 27ste Junie ‘n bestelling geplaas het vir ‘n 3 maande subskripsie, sal jou volgende betaling afgaan as ‘n debietorder op die 27ste September wat verseker dat julle jul maandelikse subskripsie boks weer ontvang vir die volgende 3 maande.

3. Ek het nie besef dat dit ‘n subskripsie produk is nie, en wou net eenmalig ‘n boks bestel. Kan ek dit kanselleer?

As jy graag jou subskripsie wil aanpas, kan jy gerus inteken by hierdie skakel en jou subskripsie opdateer. Onthou net dat jy alle bokse sal ontvang waarvoor betalings reeds afgegaan het, en dat die kansellasie eers geldig is na jou laaste betaling.
 
As jy in die toekoms vir ‘n spesiale geleentheid net een boks wil bestel in plaas van ‘n subskripsie boks kan jy dit gerus doen deur hierdie skakel te volg.

4. Ek het die 3-maande/6-maande/12-maande opsie geneem, maar ek wil nie hê dit moet hernu na daardie tydperk nie, kan ek dit kanselleer?

As jy graag jou subskripsies wil aanpas of kanselleer, kan jy gerus inteken by hierdie skakel en jou subskripsie opdateer. Onthou net dat jy alle bokse sal ontvang waarvoor betalings reeds afgegaan het, en die kansellasie eers geldig is van na jou laaste betaling.

5. My volgende boks se betaling het nou afgegaan maar ek het nie besef dat dit ‘n subskripsie produk is nie, kan ek terugbetaal word en my bestelling kanselleer?

Ongelukkig omdat dit baie duidelik op die webtuiste stipuleer dat jy opteken vir ń maandelikse subskripsie boks kan ons nie vir jou ń kontant terugbetaling doen nie, maar is ons wel bereid om vir jou ń Pienkvoet-Pret aanlynwinkel geskenkbewys te gee vir die bedrag en jou subskripsie te kanselleer (indien daardie maand se boks nog nie versend is nie). Kontak ons gerus indien jy hierdie reëling wil tref.

6. Ek is mal oor jul bokse, maar ek wil net nou en dan een bestel en nie maandeliks nie. Is dit moontlik om net een boks te bestel?

Verseker, enkel bokse kan hier bestel word.

7. My bestelling sê “local pickup” maar ek wil graag hê dat my boks afgelewer moet word, hoe kan ek hierdie regstel?

Kontak ons gerus sodat ons jou deur die stappe kan neem van hoe om jou bestelling te plaas en ‘n afleweringsopsie te kies.

8. Wat is die verskil tussen die subskripsie bokse en die aktiwiteits bokse op jul webtuiste?

‘n Subskripsie beteken dat jy ingeteken het om maandeliks ‘n boks te ontvang totdat jy jou subskripsie aanpas of kanselleer.  Die aktiwiteits bokse verwys na ‘n eenmalige bestelling en aflewering van ‘n boks.