Pienkvoet-Pret Hermanus
Jani
hermanus@pienkvoetpret.co.za
071 688 2242
Ontmoet Jani, die Pienkvoet-Pret tannie in Hermanus
My Pienkvoet-Pret “journey” het in 2019 begin in Stellenbosch met die koop van ʼn bestaande tak. Nadat ons Hermanus toe verhuis het, open ek in Augustus 2021 ʼn splinternuwe tak in Hermanus.
Pienkvoet-Pret is vir my ʼn samekoms van mammas en babas/peuters wat terselfdertyd fokus op die kinders se ontwikkeling, asook ʼn veilige spasie skep vir mammas (ouers) om die avontuur van ouerskap te deel en mekaar te bemoedig. As die Pienkvoet-Pret “tannie” wil ek graag die fasiliteerder wees van mammas wat bymekaar kom, mekaar ondersteun en hegte vriendskappe ontwikkel. Ek is ook die entoesiastiese aanmoediger en is saam met elke kindjie verwonderd oor wat hulle alles leer en kan bemeester. Dit is die rede hoekom ek Pienkvoet-Pret doen, die bou van ʼn ‘village’, die wonder van kindwees, en die deel van die ouerskap avontuur met ander ouers in ʼn veilige en prettige leer omgewing.
“FUN FACTS”
- Om ander te inspireer en te bemagtig is my passie.
- Ek is MAL oor lekker koffie…en het verseker ʼn koppie koffie nodig eerste ding in die oggend.
- Ek word gefassineer deur die spel van lig in die natuur, en ʼn mooi landskap maak dat ek wil jubel en jeug oor ons God- die wonderlikste kunstenaar ooit.
- Ek is ʼn totale boekwurm, en lees is een van my grootste vreugdes.
- My agtergrond is in die veld van Bedryfsielkunde, en my grootste area van belangstelling is die ontwikkeling van Emosionele Intelligensie.
“Elke mamma moet Pienkvoet-Pret oorweeg want dit is ʼn belegging in jou baba/peuter se ontwikkeling, asook n wonderlike platform om ʼn ondersteuningsnetwerk van ander mammas te ontmoet en saam die avontuur van kindwees en mammas wees te vier. “
Wat ander mammas sê
Lisa and Noah
Winette en Ellevie
Nelia en Mila
“Leave a little sparkle wherever you go”