Pienkvoet-Pret George

Ontmoet Anel, die Pienkvoet-Pret tannie in George

Ek het Pienkvoet-Pret ‘n paar keer gesien op sosiale media maar my nie baie gesteur daaraan totdat ek my eie kleintjie gekry het nie. Op die stadium sit ek in ‘n klein dorpie wat net die nodige het en so begin ek vir aktiwiteite soek om met my kleintjie te doen om hom en my gelukkig te stel met kwaliteittyd….. ek onthou toe van Pienkvoet-Pret. My skoonsussie gaan met altwee haar kleintjies Pienkvoet-Pret toe en praat altyd net goed van PVP en hoe sy en die kleintjies dit geniet! In 2024 vat ek toe ‘n groot stap en doen aansoek om ‘n franchisee te word vir George. My eerste klasse is in 2025 en ek sien uit om die “rollercoaster” te ry van ‘n Pienkvoet-Pret tannie! Dit is die ideale werk vir my om naby aan my kleintjie te wees terselfde tyd nogsteeds my droom werk te doen en dit is om met kinders te werk en te sien hoe hulle groei. 

“FUN FACTS”

  • Ek snuffel altyd ‘n special erens uit by die winkels. 
  • Ek loveee lysies maak.
  • Ek is ‘n sucker vir kaart en bordspeletjies. 
  • Ek is ‘n aand mens.
  • Jy maak my dag as jy my stick vir ‘n roomys en ‘n sonsak of middag stappie na ‘n lang dag. 
“Elke mamma moet Pienkvoet-Pret oorweeg want

Sonder dat jy agter kom bou jy aan ‘n wonderlike band tussen jou en jou klein lyfie wat julle net nader aanmekaar bring en die mooiste herinerringe maak.”

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

13 + 8 =

Moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.