Pienkvoet-Pret Durbanville

Ontmoet Elizma, die Pienkvoet-Pret tannie in Durbanville

My Pienkvoet-Pret “journey” het in 2013 begin.  Ek wou al vir jare deel wees van die ongelooflike familie en toe val alles eweskielik in plek, op die regte tyd… Sy tyd. 

Om ‘n verskil te kan maak in ‘n mamma of baba se lewe is die grootste voorreg.  

“FUN FACTS”

  • Ek kan die didgeridoo speel.

  • Die Weskus is my harts-plek.

  • Ek is al ‘n Pienkvoet-Pret Durbanville tannie vanaf 2013 en LOVE elke oomblik!

  • Ek kan nie deur ‘n winter kom sonder ‘n kaggel en rooiwyn nie. 

  • My perfekte dag begin met my kinders en eindig met my kinders. 

Elke mamma moet Pienkvoet-Pret oorweeg want jy maak die lekkerste vriendinne en jou baba die oulikste maatjies.  Hier leer ons speel-speel, baba kry  kosbare kwaliteit tyd saam met mamma. Hier ondersteun ons mekaar, ons kry raad, ons oordeel mekaar nie, hier raak ons saam slim (mamma, baba en tannie Lizzy) en natuurlik die heeeeel belangrikste … om by Tannie Lizzy te kan kuier!”

Wat ander mammas sê

Annelize

Pienkvoet-Pret Durbanville is ongelooflik. Ek het 4 kinders en ek sal môre weer teruggaan as ek kan. Ons huil altyd krokodiltrane wanneer ons tydjie daar verby is, want Pienkvoet-Pret Durbanville is nie net ’n klassie waar mens met klei speel en verf nie… dit word soos jou familie. Mens lag saam, huil saam, gaap saam na min slaap en deel mekaar se reis op ouerskap. Jy begin die reis vir jou baba, maar dit word ook ’n reis vir jou as ouer. Elizma, met haar sagte omgee hart, kruip bitter vinnig in ouers en kinders se harte. Sy laat elkeen spesiaal voel en niks is nooit te veel moeite nie. Almal love tannie Lizzy en is DIE beste storie-leser en altyd pret. Dankie Pienkvoet-Pret Durbanville dat ons kon deel in die magic en dat ons kan deel wees van die familie.

Cathelene Kohn

Altwee my kinders het die beste jare gehad by Durbanville Pienkvoet-Pret! Die een is al 7 en sy praat nou nog van Tannie Lizzy! Ons het so lekker geleer, gespeel en die oulikste maatjies gemaak!

Estie

Dankie vir die real mens wat jy is. What you see is what you get… Jy gee nooit voor om iemand te wees wat jy nie is nie.

Dankie dat jy ons altyd met ’n smile ontvang het… Ek is seker daar was baie dae wat jou hart swaar was, maar jy’t ons altyd welkom laat voel.

Dankie dat jy liefde en vreugde in ons in ons kinders se lewens gesaai het. Pienkvoet-Pret was altyd ’n highlight.

Dankie dat jy leer pret gemaak het en dat ons elke week lekker saam met ons kinders kon speel.

Jy’t vir my ’n geleentheid geskep om met Nua te bond… dit is priceless!

Dankie dat jy jou eie kinders altyd eerste stel. Jy stel ’n goeie voorbeeld van hoe dit moet wees.

Dankie vir jou lekker sin vir humor… jou lag is aansteeklik.

Dankie dat jy altyd Nua se Tannie Lizzy sal wees… Ons koester ons Pienkvoet memories vir altyd!

Bernice Botha van Huyssteen

We have loved the two years we spent with Pienkvoet-Pret. It was my daughter’s favourite day every week. We both loved Elizma and the class, Elizma has such a natural talent and passion for children. We made such good friends through Pienkvoet-Pret and will always value our time there immensely. Highly recommend it!!

Karli

Tannie Lizzie se Pienkvoet-Pret klassies is DIE BESTE! Sy’s die sagste mens met die mooiste omgee hart! Dis ‘n close call of ek of my kleintjies die tydjie by haar die meeste geniet het. Ek’t altyd gespot dat mens amper nog ‘n baba wil kry net om nie op te moet hou Pienkvoet-Pret nie.

Die inhoud van elke klas was altyd stimulerend, ongelooflik oorspronklik en fun! Maar Pienkvoet-Pret by Elizma was vir my en my kids meer as net ‘n weeklikse mamma en baba klassie. Ek het hartsvriendinne gemaak en my kinders speel nogsteeds heerlik met hul pienkvoet maatjies

Dankie tannie Lizzie, we love you

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

7 + 10 =

 Kyk na wat jy het en nie na wat jy nie het nie.