Pienkvoet-Pret Centurion

Ontmoet Maryna, die Pienkvoet-Pret tannie in Centurion

Ek het my eie tak in 2015 oopgemaak. 

Ek was eers ‘n onderwyseres. Nadat ek my eerste baba ryker geword het, het ek besluit ek wil graag meer tyd saam haar spandeer. 

Ek het self Pienkvoet-Pret met my dogtertjie gedoen. Ná so klassie het ek begeer om eendag my eie Pienkvoet-Pret tak oop te maak. Met die Here se genade kon ek. Nou is ek die tannie van Centurion Pienkvoet-Pret! 

“FUN FACTS”

  • Ek is mal oor lees as ek tyd kry. 

  • Ek skrik vinnig. 

  • Ek LOVE M&B se Triple Chocolate muffins- doen jouself ‘n guns. 

  • Ek hou van bak en brou, maar haat kos maak. 

  • Ek het 4 pragtige kindertjies. 

Elke mamma moet Pienkvoet-pret oorweeg want dit is die mees ongelooflikste ervaring. Om saam jou kleinding te “bond” is “priceless”. Die lewe is te kort. As jy jou oë knip, is die mees belangrikste fase in jou kind se ontwikkeling verby. Gryp elke geleentheid wat jy saam jou kleinding kan spandeer met altwee hande aan. “

Wat ander mammas sê

Kerry Visagie

Pienkvoet-Pret het regtig deel geword van my lewe veral nou dat ek met my derde lyfie ook klassies bywoon en Maryna doen vreeslik baie moeite met die klassies om seker te maak dat jou lyfie leer maar ter selle tyd baie “fun” het en bond met mamma! Bowenal is die kindertjies vir Maryna kosbaar en jy kan sien sy leef regtig haar passie uit! Ekstra bonus is die mamma vriendinne wat jy maak! Dis regtig vir ons ‘n hoogtepunt in ons week om klassie by te woon! 

Tannie Elaine

Ek is ‘n ouma wat in Benoni bly en my kleinseun bly in Centurion. Dis die beste om elke Dinsdag hom te gaan haal en na Maryna toe te vat vir Pienkvoet-Pret! Ek en hy spandeer die beste tyd saam en hy leer ongelooflik baie. Maryna sorg vir ‘n gemaklike en gelukkige atmosfeer en die kuier na die tyd gee mammas(en oumas) die geleentheid om te gesels oor ons pienkvoete en ander belangrike dinge. 

Chantelle Pieterse

Pienkvoet-Pret is ons grootste pret elke week. 

Maryna doen soveel moeite met elke les beplanning en my seuntjie het al ongelooflike vordering gemaak vandat ons die klassies bywoon.. 

Nie net is dit goed vir hom nie maar ook vir mamma, dit is soos een groot familie waar niemand judge nie en almal net liefde gee. 

Mariske Botha

Pienkvoet-Pret Centurion… Ek’s bly ek het jou gevind. Elke klassie is met soveel liefde, aandag en deernis uitgevoer, asof dit die enigste vir die week is. Maryna is die liefste mens, my dogtertjie was so lief vir haar. Dis jammer dis nou klaar, maar eks daar met die volgende lyfie!!! 10-ster liefde 

Anneli Minnaar

Pienkvoet-Pret Centurion is meer as net pret vir my Pienkvoet. Dit is ‘n plek waar mens gemaklik kan praat oor alles van mamma-wees en jou pienkvoet se ‘fases’ en te weet dat alles okay is, jy doen okay. Dit is ‘n plek waar ek as Mamma in ‘n besige en gejaagde lewe net bietjie tyd kan geniet saam my lyfie. Dit is ‘n plek waar my lyfie maatjies maak en leer hoe om te sosialiseer. Dit is ‘n plek waar ek myself kan wees en hartsvriendinne maak, mense met wie ek ‘n pad kan stap. Pienkvoet-Pret vir my lyfie is Tannie Maryna aka Tannie Ryna. Ek en hulle is lief vir Pienkvoet-Pret en lief vir Tannie Maryna. Dit is die beste uur en ‘n half ‘n week net vir “wees”. 

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

Maryna
centurion@pienkvoetpret.co.za
066 289 2936

8 + 15 =

As God vir jou is, wie kan teen jou wees!