Pienkvoet-Pret Boksburg/Brakpan/Benoni

Yolandi
boksburg@pienkvoetpret.co.za
082 881 7366

Ontmoet Yolandi, die Pienkvoet-Pret tannie in Boksburg/Brakpan/Benoni

Ek is die Pienkvoet-Pret tannie in Boksburg reeds van 2017 af, dit was nog altyd my passie om met klein mensies te werk. Dit was my droom om dit voltyds te kon doen, toe ek eerste keer mamma geword het ek besef dat ek graag al my tyd en energie wil spandeer om n mamma te wees by die huis. Met Pienkvoet-Pret kan ek ‘n “mamma” wees vir soveel ander maatjies en ‘n vriendin wees vir elke mamma wat deur my deure stap.

“FUN FACTS”

  • Ek hou baie daarvan om kreatief te wees, gee vir my verf en ‘n koppie koffie dan is ek op my gelukkigste.

  • Ek en my man is al jare getroud, al hoe ons tyd alleen kan saam spandeer deesdae is om fiets saam te ry. Ek het al ‘n paar maal die Argus fietstoer in die Kaap gery, wat ‘n geswoeg en gesweet was. Maar ek sal dit oor en oor weer doen. Want natuur en mooi see tonele saam my gunsteling mens langs my, is kos vir my siel.

  • Ek het drie pragtige kinders wat my lewe verryk met al die spesiale oomblikke van mamma-wees, familie en vriende laat my bloed vloei want hulle besit my hart.

“Elke mamma moet Pienkvoet-Pret oorweeg want dit is elke week n baie spesiale tyd om te “connect”met jou engeltjie. Nie net is dit die beste stimulasie vir jou baba se vyf sintuie vir maksimum brein ontwikkeling nie, maar dit is ook n plek waar mammas hartsvriendinne maak. Wat saam jou deur dieselfde seisoene van ‘mamma-wees’ gaan om mekaar by te staan en raad te gee. Sodat mamma se bekertjie van gee ook vol kan bly!!”

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

Yolandi
boksburg@pienkvoetpret.co.za
082 881 7366

4 + 8 =

Remember one day our children are going to follow our example, instead of our advice