Pienkvoet-Pret Bethlehem

Ontmoet Monya, die Pienkvoet-Pret tannie in Bethlehem

My Pienkvoet-Pret reis het in 2019 begin. Ek en my oudste het in 2016 aangesluit vir ons weeklikse klassies en in 2018 het my jongste ook die klassies saam geniet.

Hoekom Pienkvoet-Pret?
Pienkvoet-Pret bied aan my ‘n wonderlike platform om steeds my onderwys graad te benut, my passie vir opvoeding en kinderontwikkeling uit te leef en elke dag met mammas, babas en kleuters te werk. Dit bied my ‘n buigbare tydskedule om my eie besigheid te kan bestuur en meer tyd by my huis en met my eie kinders te kan spandeer.  Ek is mal oor mamma-wees en dis vir my ‘n absolute voorreg om skouers te skuur elke week met ander formidabele mammas by wie ek ook baie kan leer.  

“FUN FACTS”

  • Ek hou van die buitelug, kamp, staproetes en het ‘n baie lang wenslys van plekke wat ek nog wil besoek.
  • Ek kan soos ‘n plaas meisie fluit.
  • Ek was ‘n koshuis-brakkie vir 17 jaar.
  • ‘n Perfekte dag begin met ‘n koppie koffie (wat my man vir my maak) en eindig saam my gesin saam om die etenstafel.
  • Tydsens ‘n gap-jaar het ek interessante tydelike beroepe beproef soos soggens koerante op die stasie uitgedeel, in ‘n Downtown boutique gewerk, kassier in Duitse feestent tydens winter-olimpiese spele en as housekeeper op ‘n ski-oord gewerk.

LIFE is waking up an hour EARLY to LIVE an hour more. 

Wat ander mammas sê

JC van Ronge

Ongelooflike lekker tyd saam my kind. Om elke week te sien hoe my kind groei en ontwikkel is so groot voorreg. Die omgewing laat mammas toe om alles te deel, goed en sleg. Monya stap verseker die ekstra myl met elke pienkvoet-baba en kleuter. ‘n MOET vir elke kind se ontwikkeling.

Rolene de Wet

Kwaliteit mamma en baba tyd.

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

1 + 8 =