Pienkvoet-Pret Alberton

Ontmoet Salomé, die Pienkvoet-Pret tannie in Alberton

Ek het in die winter van 2022 my Pienkvoet-Pret avontuur begin, so my avontuur is nog nuut en vars. maar ek geniet elke oomblik daarvan.
Ek het elke mamma en baba klassie wat bestaan saam met my kinders besoek en Pienkvoet-Pret is nou maar net next level! Ek het elke week se lessie vreeslik geniet en dit was heerlik om onverdeelde aandag aan my eie kinders te kon gee en te sien hoe hulle groei. Ek wil daardie ‘bonding’ vir elke mamma bied.

“FUN FACTS”

  • Ek is n gekwalifeseerde grondslagfase juffrou
  • Ek is n slaap konsultant
  • Ek het baie honde
  • Ek bly in n baie klein dorpie genaamd Henley-on-Klip
  • Ek is mal oor sneeu

“Elke mamma moet Pienkvoet-Pret oorweeg en kom ervaar hoe lekker dit is om ‘bonding’ tyd saam jou kleinding te kan hê. Jy raak deel van ons mamma gemeenskap en ons veilige spasie, Daar waar jy kan hoor, dis ok, jy is nie alleen nie.”

Wat ander mammas sê

Nannika Botes

Ons boeta beer is mal oor Pienkvoet-Pret. Hy en Joleen sien elke week vreeslik uit om saam die ander maatjies te gaan speel. Hulle doen baie lekker, sinvolle en kreatiewe aktiwiteite. Dit is ideaal vir oefening en stimulasie van daai belangrike mylpale. Magie tyd is boeta se gunsteling! Ons is dankbaar vir juffrou Salome wat ons so mooi leer! Ons sal definitief PvP aanbeveel!

Sumari Lorraine du Plessis - Schouwstra

Ek en my dogtertjie geniet Pienkvoet-Pret verskriklik baie , dit doen haar die wêreld se goed om 1x ń week daar te speel en te leer , ek sien al ń groot verskil in haar ontwikkeling.
Dit leer my as mamma ook baie wat ek met my dogtertjie kan doen by die huis.
Pienkvoet-Pret, baie dankie . Julle doen wonderlike werk met die kinders.
Ons as mammas sien die passie raak waarmee julle met ons en ons kinders werk , ons het groot waardering daarvoor.
Ons belê ons tyd graag by julle.
Mag julle geseën word in julle werk.

Elana Dreyer

My dogtertjie en ek leer so baie en geniet elke oomblik daarvan.

Isabel Bakker

Oumie en baba geniet elke klas geweldig baie.
Baie dankie vir die entoesiastiese, stimulerende aanbiedinge elke week. Ek glo dis n ongelooflike goeie fondasie wat jy lê by elke mensie wat jou klas bywoon.

Seënwense

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

Salomé
alberton@pienkvoetpret.co.za
082 368 5830

14 + 12 =

By doing what you love, you inspire and awaken the hearts of others.