Ecclesiastes 3:1“There is a time for everything, and a season for every activity under heaven:" NIV

Hierdie woorde in Prediker 3 spreek die laaste paar jaar in my hart en is getuienis van my lewe. Na ek gematrikuleer het in 2006 het ek verhuis vanaf Potchefstroom na Pretoria om by Tukkies te studeer. Na ’n 4 jaar graad en honeursjaar is ek getroud en het ek in die mode-industrie begin werk in Johannesburg as n ‘aankoper’ en later in mode-bemarking.

Na jare se elke dag heen-en-weer pendel en baie druk skedule, het ek besluit om ’n werk nader aan die huis te soek toe ons begin beplan het om ons eie gesin te begin. Ek kon bedank en nuwe ondervinding opdoen in kleinbesigheidsbestuur en elke deel van entrepreneurskap leer ken terwyl ek nader aan die huis in die trou-industrie werk. Die Here skenk ons ook gevolglik ’n nuwe seisoen as gesin en in 2016 verwelkom ons 'n baba seuntjie in ons lewe.

Met hierdie nuwe avontuur kruis my paaie met Pienkvoet-Pret. Ek en ons baba begin klassies saam doen om kwaliteit-tyd saam te spandeer. Hierdie 90 minute klassie weekliks, dwing my baie besige werskedule een keer ’n week tot stilstand. Tydens hierdie klein stilte-tydgleuf een keer ’n week begin ek ’n ander sy van myself leerken…

Hier word ek deel van ’n groepie mammas wat tot my verbasing ook vinnig my vriendinne word en in hierdie ondersteuningsnetwerk begin hulle en die Pienkvoet-Pret program my inspireer. Ek begin al hoe meer belangstel en oplees oor kinderontwikkeling en -stimulasie en die sielkunde agter eerste-keer-mamma-wees.

Na ’n winter-seisoen van ’n gejaagde beroepslewe besluit ek om ’n kans te vat en meer uit te vind oor wat ’n Pienkvoet-Pret tak behels. My gebed is eenvoudig: “Ek wil nie meer net bestaan nie, ek wil graag ’n impak maak, Here”. Ek weet in my hart kort ek iets wat ek van die huis af kan doen, maar iets waar ek steeds my passie om met mense te werk uit te kan leef en terselfde tyd kreatief te kan wees.

Na introspeksie en gebed breek daar uiteindelik vir my ’n lente-seisoen van verandering aan! Ek neem ’n kans en skielik is die geleentheid beskikbaar om ’n Pienkvoet-Pret tak te begin. So beantwoord die Here ons gebede as gesin en skenk Hy my dan ’n heel nuwe seisoen in my lewe: een waar ek volwaardig ma kan wees, vrou kan wees, maar ook passievol ’n impak kan maak.

Ek hoop om met die splinternuwe Irene Pienkvoet-Pret tak ’n somer-seisoen te beleef en ’n paar mamma-harte aan te raak terwyl sy hier kom speel en ontspan saam haar kleinding en so ook my gemeenskap met my talente te dien.

Kontak gerus vir Elsabe op irene@pienkvoetpret.co.za om jou eerste les by haar splinternuwe tak te bespreek en onthou die eerste les is GRATIS!

No Comments Yet.

Leave a comment

Close
Please support the site
By clicking any of these buttons you help our site to get better