Winkelrakke is vol sjokolades, hartjieballonne en beertjies met Valentynsdag wat om die draai is … hierdie vieringe eindig nie by geskenkies vir geliefdes nie, maar word ook gevier by Pienkvoet-Pret tydens Februarie … daarom deel Anike (Pienkvoet-Pret Witbank), Charolize (Pienkvoet-Pret Groenkloof/Brooklyn), Maricia (Pienkvoet-Pret Silver Lakes) en Steanza (Pienkvoet-Pret Serengeti) met jou ‘n paar oefeninge wat jy saam met jou Pienkvoet kan geniet hierdie maand …

1. ‘n Hartjie tertgebak vir jou kleintjie se ogies

Visuele oefening vir babas 3 maande – 6 maande
Ons weet dat jou kleintjie net ogies het vir jou, daarom sal julle mal wees oor hierdie oogoefening vir jou kleintjie.

Plak ‘n papier hartjie op ‘n leë tertbak, Laat baba op sy ruggie lê.
Hou die tertbak 30cm voor baba se gesiggie en laat baba dit volg van kant tot kant, 180 grade, en ook van voor na agter.

2. Voer die liefie-skoenlapper

Fyn motoriese oefening, sensoriese- en hand- en oogkoördinasie oefening vir babas 13 maande+

Maak ‘n skottel vol polistireen balletjies, en laat baba daarin sit … laat baba daarmee speel en die tekstuur voel. Hierdie is ‘n lekker sensoriese oefening vir baba om te geniet. Gee nou vir baba ‘n botteltjie en laat baba een vir een die polistireen balletjies in die houertjie sit. Hierdie oefening is uitstekend vir baba se fyn motoriese vaardighede en hand- en oog koördinasie.

3. Trek die vuurhoutjies uit die klei uit

Fyn motoriese en sensoriese oefening vir babas 13 maande+

Maak “love bug” deur rooi klei in ‘n bal te rol en plat te druk, ogies op te sit en dan sy ruggie vol vuurhoutjies te maak. Laat baba hul een vir een uittrek, en dan kan hy/sy dit weer terug probeer sit.

4. Gelukkige Valen-SLYMs-dag

Sensoriese oefening vir babas 7 maande+

Al wat hierdie aktiwiteit benodig is klein handjies, rooi slym en ‘n skinkbord vir groot pret en sensoriese ontwikkeling!

5. Meel speletjies

Sensoriese oefening vir babas 3 maande+

Gooi bietjie meel op ‘n skinkbord. Jong babas kan speel met die meel en kan die tekstuur op die manier voel en ouer babas kan saam met mamma vormpies in die meel teken.

6. Hartjieplakkers

Fyn motoriese oefening vir babas 13 maande+
Fyn motoriese en beelderkennings oefening vir babas 21 maande+

Koop hartjie plakkers by jou plaaslike skryfbehoeftewinkel en laat jou kleintjie dit eers af van die velletjie trek en dan op ‘n skinkbord plak. Ouer babas kan ook gevra word om die plakker te plak op hul neusie, wangetjie ens.

7. Klei hartjies

Handspiertjies en fyn motoriese oefening vir babas 13 maande+

Laat baba die klei vashou, tussen sy handjies voel en mee speel.
Rol die klei plat en laat baba met ‘n hartjie stensil vormpies uit die klei druk en dit vanuit die stensil haal.

Mammas, as jy graag nog oefeninge soos die saam met jou pienkvoet wil geniet, kan jy aansluit by jou naaste Pienkvoet-Pret tak vir ‘n weeklikse les propvol aktiwiteite, kwaliteittyd en sosialisering saam ander kleintjies van dieselfde ouderdom … en moet nie vergeet nie. Indien jy tydens Februarie 2020 aansluit, sal jy jou eerste twee lesse gratis ontvang by hierdie Pienkvoet-Pret takke.