Vadersdag
Vadersdag is gewoonlik die derde Sondag van Junie. Hierdie jaar is Vadersdag 16 Junie. Ons hou daarvan om ook die pa’s te bederf op Vadersdag en namens die babas ietsie te maak of te stuur. Kies een van die idees voorgestel en stuur dit voor Vadersdag. Daar word nie van jou verwag om geld uit te gee of “over the top “te gaan nie. Doen wat jy kan bekostig en wat prakties die maklikste is vir jou.Wissel jaarliks jou idees af.
Rympies
Oulike rympies om te doen Junie maand (of die maand wanneer jul Pappadag hou)
(Laat babas handjies klap terwyl hul die rympie sê)
Help my pappa
Ek help graag my pappa
as hy die motor was.
Dan hou ek die tuinslang
met altwee handjies vas.
Pappa sê hy wens ek is groot
dan kan ek al die grassnyer stoot.
Thank you Daddy
Daddy is my special friend –
The two of us are buddies,
I really love the things we do –
“Thank you” to my Daddy.
Ek en pappa speel
Pappa tel my op sy nek
Pappa skeer met my die gek
Pappa vang my as ek spring
My pappa is die beste ding!
Big hug
One big, two big, three big hugs,
Four big, five big, six big hugs,
Seven big, eight big, nine big hugs,
Ten big hugs for Daddy
It’s your day!
Daddy, it’s your day!
Daddy, it’s your day!
It comes around just once a year,
So celebrate and give a CHEER
‘Cause daddy it’s your day!
Lekker idees
Knip vooraf patroon van beertjie uit met boodskap binne.
Hul plak net ogies en pom pom op.
Gee vir elk so 2 beskuite so:
Laat 22-36maande babas klein stukkies droë wors in ‘n mini-sosatie stokkie ryg en dan vir pappa gee.
Maak vir elke pa so ‘n trokkie en vir die “vrag” sit jy 2 stukkies
droë wors op.
Nadine se oulike hande en voete afdrukke:
Mussies met leerinsetsel:
Ma’s bring so 2 weke voor Vadersdag ‘n effekleurige T-hemp, sakdoek of voorskoot vir pa saam. Buite word dit dan geverf. Sit materiaalverf in verskillende kleure in polistirienbakkies. Kinders kan self handjies daarin druk en dan afdruk op materiaal. Ma kan net iets by verf soos “My pa is die beste”. So, onthou verfkwassies ook. Sit sommer ‘n plat stuk karton (soos die binnekant van ‘n bierboks) binne in die T-hemp sodat die verf nie deurslaan agtertoe nie. Ma’s moet tuis eers die lap gaan stryk voor dit die eerste keer gewas word
Pakkie chips met 'n kaartjie aan
Gee vir elke pappa 'n sertifikaat. Druk op A4 karton.
Druk uit op A5 karton en druk baba se hande hierop af. Jy kan ook stukkie magneet agterop plak.
Druk uit op A5 karton en druk baba se hande hierop af. Jy kan ook stukkie magneet agterop plak.
Laat 22-36 maande babas self pasta plak
Druk op A4 karton en druk dan handjies in verf af op beide kante van die skoenlapper se lyf
Druk op A4 karton en druk dan handjies in verf af op beide kante van die skoenlapper se lyf
Laat 22-36 maande babas self pasta plak
Laat jou 22-36 maande babas die dassie versier met stukkies kreukelpapier, knopies, blinkers, fruit-loops ens.

Kaartjies
Druk uit, lamineer en gee saam met ‘n sjokelade, pakkie neute, biltong, droë wors of pakkie lekkertjies