Pienkvoet-Pret Vaaldriehoek

Ontmoet Andrea, die Pienkvoet-Pret tannie in Vaaldriehoek

Andrea
vaaldriehoek@pienkvoetpret.co.za
‪061 713 5162‬

My Pienkvoet-Pret journey het begin in 2022 saam my seuntjie MJ en daarna weer met my dogtertjie Mienke wat tans nog Pienkvoet. Pienkvoet het vir albei my kinders en myself ‘n wonderlike bonding tyd geword en ons hoogtepunt van die week! Deur die loop van my pienkvoet pret mamma era het dit vir my soos ‘n ongelooflike werk gelyk om ‘n pienkvoet tannie te wees! Die Here het my absoluut uit my skoene geseën met die geleentheid om Pienkvoet Pret Vaaldriehoek in 2025 oor te koop.

Pienkvoet Pret gee my die geleentheid om my passie uit te leef en terselfde tyd daar te wees vir my eie kinders.

My passie was en is nog altyd om met kinders te werk en hoe gelukkig kan mens wees om aktief betrokke te wees die eerste paar lewensjare van ‘n kind?
Pienkvoet het vir my en my kinders ‘n wonderlike geleentheid gebied om saam te speel en te leer en dit is vir ‘n reuse voorreg om dit vir ander mamma’s te bied.

“FUN FACTS”

  • Ek is mal oor takeaways
  • Ek is lief daarvoor om perd te ry
  • Ek het ‘n BCom Industrial Psychology and Labour Management graad
  • Ek drink heeltemal te veel Coca Cola
  • My gunsteling seisoen is lente. Lente voel vir my altyd soos nuwe hoop.

“Elke mamma moet Pienkvoet-PRET oorweeg, want om deel te wees van die pienkvoet gemeenskap gee nie net vir jou en jou baba ‘n veilige omgewing om lekker saam te leer deur te speel nie, dit gee jou die geleentheid om lewenslange vriendinne te maak wat saam jou kan stap in jou mamma era wat daar kan wees vir jou en vir jou kan raad en moed gee wanneer jy dit nodig het. “

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

Andrea
vaaldriehoek@pienkvoetpret.co.za
‪061 713 5162‬

Geluk begin by jouself!!