Pienkvoet-Pret Silver Lakes
Madri
silverlakes@pienkvoetpret.co.za
083 367 8706
Ontmoet Madri, die Pienkvoet-Pret tannie in Silver Lakes
My Pienkvoet-Pret reis het in 2020 begin nadat ek my sussie se dogtertjie Pienkvoet-Pret toe gevat het. Ek het in verwondering gestaan oor al die klein lyfies in die klas wat vir 90 minute speel-speel verken en ontdek. Die informele saamspeel, saamleer en saamkuier was inspirerend en kreatief. Ek was dadelik beïndruk met wat hierdie groepie, vir ’n pienkvoet en vir die gemeenskap van ouers kan beteken.
Pienkvoet-Pret gee vir ouers die selfvertroue om hul pienkvoet op die regte manier, speel-speel te stimuleer. Ouers kry die geleentheid om ononderbroke, kwaliteit tyd saam met hulle blinkoog babas te spandeer. Reeds vroeg-vroeg word talente en belangstellings ontdek. Veilig en vrolik, speel ons maatjies en mammas saam tot op driejarige ouderdom. Elke klassie bestaan uit uiteenlopende kombinasies van ontdek, leer, droom en speel.
’n Uitgewerkte en beproefde kurrikulum van leer deur spel word gevolg om elke aspek van jou blinkoog baba se ontwikkeling te stimuleer. Sensoriese en motoriese vaardighede word speel-speel bemeester. ’n Kombinasie van binnenshuise en buite aktiwiteite hou die omgewing interessant vir ons maatjies en hul aandag word gehou deur afwisseling van die aktiwiteite.
Speel-speel verken en ontdek ons Pienkvoete hierdie ongelooflike wêreld waarin ons leef. Pienkvoet taal ,Pienkvoet somme, Pienkvoet kuns! Ons leer groot DROOM, sodat ons eendag kan groot DOEN.
Alle vaardighede wat deur spel ontwikkel word, is van onskatbare waarde. Ek het ‘n groot passie vir kinderontwikkeling en sien uit na sigbare, positiewe groei, in elke Pienkvoet-maatjie.
“FUN FACTS”
- Ek het ‘n honneursgraad in opvoedkundige sielkunde en was vir 5-jaar ‘n onderwyseres
- Ek is lief vir die see, om te roei en vis te vang
- Ek is baie lief vir plante en tuinmaak
- Ek hou baie van tale, ek geniet dit as mense hulle huistaal suiwer kan praat
- Ek geniet dit om te stap of te draf in die natuur
- Ek het baie geduld
- Ek streef daarna om mense te help om hulle potensiaal te verwesenlik