Pienkvoet-Pret Roodepoort

Ontmoet Maritza, die Pienkvoet-Pret tannie in Roodepoort

Ek het Januarie 2020 my Pienkvoet journey begin, ek het nog altyd gedroom om my eie besigheid te hê en om van die huis af te werk, kinders is my passie en daarom was Pienkvoet-Pret die ideale geleentheid om my droom te bewaarheid.

 

“FUN FACTS”

  • Ek is fanaties oor Kersfees!
  • Ek is ‘n groot Snotkop fan.
  • Ek verkies ‘n kampvakansie bo seevakansie.
  • Ek is bang vir torre.
  • Eks mal oor dress-up parties.
“Elke mamma moet Pienkvoet–pret oorweeg want dit gee jou ‘n platform waar jy ander mammas kan ontmoet wat moontlik vriendinne kan word en jy leer hoe om jou baba met huishoudelike items te stimuleer.”

Wat ander mammas sê

Danielle Naudé

.Die lekkerste deel van elke week vir Ruben en mamma!! Ruben se gunsteling was en is steeds Messy play. Mamma se gunsteling is die vriendinne wat ons maak. Ons waardeer jou Maritza.

Marina Botha

Sias se heeeeeel gunsteling uitstappie elke week!

Leonie Leppich

Pienkvoet-Pret Roodepoort is n ongelooflike plek. Aan die stuur van Maritza word ons kinders met liefde behandel. Elkeen word hanteer soos die individu wat hy/sy is. Ek is al 3 jaar by Maritza en beide my kinders blom by haar! Dit is die beste besluit wat ek kon maak vir my kinders se ontwikkeling!

Irma Nel

Maritza is die beste!
Pienkvoet-Pret is n lekker tyd vir mamma en baba elke week. Mens doen lekker aktiwiteite en sien hoe mens met gewone huisgoed jou kind kan besig hou. En die kinders sien ander maats.
Ek en my Poppie kry tyd om tyd saam te spandeer. Ons albei leer deur lekker te speel.
Die HEEL BESTE vir my is die ander mammas wat vriendinne word en wat ‘n goeie klankbord is want hul kinders is in dieselfde ontwikkelingsvlak.

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

9 + 8 =

“Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie, ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.”

Spreuke 3:5-6