Pienkvoet-Pret Polokwane

Ontmoet Irene, die Pienkvoet-Pret tannie in Polokwane

Ek is baie lief vir Pienkvoet-Pret en wat dit vir my as mamma beteken het.  Ek het onlangs gevoel ek wil ‘n skuif maak in my beroep waar ek meer inlyn met my waardes wil wees.  
Ek het my hart oopgemaak en toegelaat om te droom en Pienkvoet-Pret het op gekom.  Ekt gedink, “okay wees nou op die uitkyk vir iets in hierdie lyn”.  Week of twee later het ek gesien Pienkvoet-Pret Polokwane is te koop.
Ek het in 2019 as Pienkvoet-Pret mamma begin en Julie 2024 maak ek my eie Pienkvoet-Pret deure oop.

“FUN FACTS”

  • Ek is baie lief om te bak en brou. Ekt 9 koeke gebak vir my seun se verjaarsdag, een vir elke Paw Patrol karakter)
  • Ekt wilde katte gevang (met hokke) vir 4jaar (Trap-Neuter-Release program)
  • Ek het Mrs Polokwane gewen in n kat “onsie” (die belaglike cute oulike soort)
  • Ek het 11 oorbel gaatjies in my ore
  • Daar’s n koffie roaster langs my huis, ‘n baie fancy espresso masjien in my kombuis en my man is n barista, maar ek weet nie hoe om my eie koffie te maak nie.

Elke mamma moet Pienkvoet-Pret oorweeg want dis ‘n veilige plek waar jy jou beker kan kom vol maak, saam ander mammas kan wees wat verstaan waardeur jy gaan en jou kan ondersteun.  Mens leer ook baie van jou baba en hoe om huishoudelike en daaglikse items te gebruik waar jy en baba saam baie pret kan hê.”

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

8 + 15 =

Vanuit Marianne Williamson se gedig Our Deepest Fear
“And as we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same.”