Pienkvoet en Mamma Doen-dit-self Chevron Projek

Deur - Elmarette Richter, Pienkvoet-Pret Midstream Franchise Eienaar

Ek is nog altyd stout vir 'n DIY projek! Ek is mal oor die uitdaging en dit is nog lekkerder as dit iets is wat herwin is.
Maar as 'n mamma raak dit moeilik om DIY tipe projekte aan te pak. Ek het dus begin om my projekte te kombineer met my kinders se tyd. Hulle help graag. EN die bonus is dat hulle leer ... sssssshhhhhh... *sonder dat hulle weet!!*
My vriendinne en mede mammas het al so baie gevra HOE kry jy dit reg om DIY projekte met 3 kinders te doen? Ek glo beplanning is defnitief stap 1. Jy kan nie heen en weer winkel toe ry nie, so vat 'n boekie en beplan, skryf neer wat jy wil doen en wat jy nodig gaan kry daarvoor. Stap 2 is uitvoer, meeste DIY projekte word halfpad gedoen of dit word nooit eers begin nie. Stap 3 is om dit wat jy gemaak het te geniet. My oudste dogtertjie is so beïndruk elke keer wat sy verby ons Chevron muur loop se sy “mamma hierdie is ons muur né” sy is so trots op die muur wat ek saam haar gemaak het. Let wel, EK het dit saam HAAR gemaak.
Hier is 'n stap vir stap, hoe om jou eie Chevron muur te verf en jou Pienkvoet in te span om jou te help!

Stap 1: Kies watse muur jy gaan verf. En kry dan die volgende by mekaar:

- Verf kwas
- Maskeer band
- Liniaal
- Potlood
- ou klere (trek dit sommer aan)
- “Surgical gloves (trek dit aan, dit hou jou mooi gemanikuurde naels skoon en jy hoef
ook nie jou ringe etc af te haal nie)
- Verf, ek persoonlik hou van die chalk paint. Dit is net makliker om mee te werk en jy
hoef amper geen “surface” voorbereiding te doen nie. Maar jy kan enige verf gebruik,
volg dan net die instruksies op “surface prep”
- Nat lappie (vir die morsige stukkies)

Stap 2: Begin om jou muur af te merk. Ek het besluit op 'n 10cm x 10cm chevron. Begin in die
hoek en meet 10 cm en maak 'n kolletjie. Maak elke 10cm vertikaal en horisontaal 'n
merkie. Onthou om jou kleinding te vra om tot by 10 te tel. en jy kan ook vir hul wys
hoe 'n “10” lyk en dan kan hul dit vir jou uitwys.

Stap 4: Begin verf!! Gee vir jou pienkvoet 'n baie kleiner kwas as die een waarmee jy verf. So
kan hul ook leer van groot en klein, se heeltyd, verf jy met die klein kwas, dan verf
mamma met die groot kwas. As jy ‘n water basis verf gebruik kan jy baie vinnig die mors
stukkies verf met 'n nat lappie afvee. En dit is OK as hul nie perfek verf nie, jy gaan
elkgeval twee lae verf, so die eerste een hoef nie perfek te wees nie 🙂

Stap 5: Sodra jy jou tweede laag verf op gesit het trek die maskeer band af TERWYL die verf nog
nat is. Anders kraak die verf of die maskeer band sit vas teen die muur waneer jy dit
begin aftrek.

Stimulasie vir jou Pienkvoet was:

- Fynmotories
- Groot motories
- Groter en kleiner herken
- Kleure
- Geduld
- Oorsaak en gevolg
- Syfers : tel en herken

En die heel belangrikste een! TYD SAAM MAMMA!!

Geniet jul chevron muur, en onthou dit hoef nie perfek te wees nie, dit hoef net 'n goeie “lasting memory” vir jou en jou Pienkvoet te wees.

No Comments Yet.

Leave a comment

Close
Please support the site
By clicking any of these buttons you help our site to get better