Pêrels van wysheid vir blink tandjies

Deur - Marina Tromp, Pienkvoet-Pret Faerie Glen Franchise Eienaar

Lank, lank gelede was ek ‘n mondhigiënis of tande tannie voor ek 'n Pienkvoet-Pret tannie geword het. Ek was vir tien jaar in praktyk en het 'n groot liefde vir tandheelkunde.

Dit was vir my opvallend hoe min oor die onderwerp beskikbaar is veral vir die ouderdomsgroep 3mnde-3jaar wat juis die ouderdom kinders is waarmee ons werk.

Eerstens wil ek graag vir julle vertel van baba bottel karies en hoe dit gebeur. Karies is die geleerde naam vir tandbederf of gatjies. Hierdie karies kom voor by babas wat met 'n bottel melk in die bed gesit word om te slaap. Selfs 'n bottel met verdunde sap, rooibostee met suiker in of ‘n fopspeen wat gedoop is in krampwater. Veral die boonste tandjies is blootgestel aan die vloeistof wat die ph in die mond verlaag maw in ‘n suur omgewing omskep. Wanneer daar suur is veroorsaak dit tandbederf. Om dit te verhoed gee eerder self vir jou baba ‘n bottel of borsvoed en wanneer baba klaar gedrink het lê baba neer om te slaap. Indien baba net wil suig , is 'n fopspeen spesifiek 'n Nuk wat nie in iets soets gedoop is nie die beste. Terwyl ek nou die onderwerp van fopspene aanraak. Nuk is 'n ortodontiese goedgekeurde fopspeen en gaan latere probleme verminder. Nog ‘n belangrike punt wat ek wil aanraak is dat dit veel beter is om ‘n Nuk te suig as 'n duim of 'n vinger. 'n Fopspeen kan weggeneem word op die regte tyd, ‘n duim of vinger suig gewoonte is baie moeiliker om van ontslae te raak. Duimsuig en vingersuig veroorsaak erge ortodontiese problem in later jare.

Die beste manier om 'n baba wat nog nie tandjies het nie se mondjie skoon te maak : neem ‘n gaasdepper plaas om jou vinger , maak nat met water en vee die mondjie skoon. Die tong, verhemelte en binnekant van die wange.

Ons moet onthou dat kinders leer deur na te aap en ons voorbeeld te volg veral mbt persoonlike higiëne en versorging. Versorging van tande moet eerstens ‘n daaglikse roetine wees en deel wees van die badroetine.

Sodra jou baba 4 en meer tandjies het kan hierdie roetine al begin. So van 7 maande af wil hulle voorwerpe vashou en als gaan mond toe. Koop 2 kinder tandeborsels wat ouderdoms gepas is, my voorkeur is Oral B. Die Oral B stages gee vir jou presiese aanduiding van watter tandeborsel reg is vir watter ouderdom. Gee een tandeborsel vir jou baba om vas te hou en aan te kou. Jy is in beheer van die ander tandeborsel. Dit gaan jou verantwoordelikheid wees om jou kind se tande te borsel totdat hulle die vaardigheid het om dit self te doen.

Die beste metode met 'n baba wat nog nie kan staan nie is om met die baba op jou skoot te sit. Neem die tandeborsel en met sagte sirkel bewegings borsel elke tand aan die lip se kant en aan die binnekant. So vier sirkel bewegings op elke tand oppervlakte is genoeg. Babas kan nog nie uitspoeg nie so gebruik kinder tandepasta.Dit gaan eintlik oor die hoeveelheid fluoried wat tandepasta bevat. Colgate was nog altyd my voorkeur.

Xylitol bekend as X gel is beskikbaar by voorgeboorte klasse en klinieke. Dit is egter net 'n hulpmiddel en vervang nie tandepasta nie. Xylitol beheer die metabolisme van plaakproduserende bakterieë . Dit help dus om die suur in die mond te beheer. Dit kan toegedien word deur dit met jou vinger oor die tandjies te vryf. Enige tyd deur die dag , verkieslik vir 'n halfuur daarna niks eet of drink nie.

WENKE VOLGENS JOU PIENKVOET SE OUDERDOM:

0-3 maande

Onthou om baba klaar te borsvoed of bottelvoeding te gee en wanneer baba klaar gedrink het neer te lê. Baba kan 'n Nuk fopspeen suig sonder enige krampwater aan wat soet is. Saam met die badroetine versorg die mondjie ook. Neem ‘n gaasdepper of gauze swabs by Dis-Chem verkrygbaar. Plaas om jou wysvinger en maak nat met bietjie water. Vee die mondjie skoon die tong , binnekant van die wange en die tandvleisies.

3-6 maande

Nuby verkoop 'n “ baby tooth and gum cleaner” dit bestaan uit 'n rubber vingerhoed en 'n buisie pasta wat geen fluoried bevat nie en bevat 'n skoonmaak middel wat 99,9 persent effektief is om bakterieë wat tandbederf veroorsaak teen te veg.Hierdie pasta is heeltemal veilig om in te sluk.

Laat jou baba op jou skoot sit met kop teen jou skouer of laat baba in jou arms lê. Gebruik die vingerhoed en klein bietjie, omtrent ‘n ertjie pit grootte van die pasta op. Met sagte sirkel bewegings masseer jy die tandvleisies. Sodra daar tandjies is borsel steeds in sirkel bewegings. Onthou al die tand oppervlaktes maw voorkant en binnekant van die tandjies.

7-12 maande

Pigeon het 'n oulike tandeborsel stelletjie vir 6 mnde en ouer.Die een tandeborsel is vir die voorste tande en die ander borsel is vir die agterste kiestande. Agter op die pakkie word dit duidelik aangedui.Die borsel tegniek bly dieselfde.Laat baba op jou skoot sit en met die een borsel met sagte sirkel bewegings word die voorste tande geborsel aan die lip se kant en die binnekant.Met die posterior borsel word die kiestande geborsel op die kouvlakke kan heen en weer geborsel word. Die rede hiervoor is dat daar groefies is op die vlakke waar tandbederf meestal eerste voorkom.Die kiestande word steeds met sirkel bewegings geborsel aan die binnekant van die wange en aan die verhemelte en tong se kant.

1-2 jaar

Die kinders wil al self staan by die wasbak. Belê in een van daardie trappies dat hulle kan bykom by die wasbak. Jy staan nogsteeds agter jou kind en gaan ouderdoms gepaste tandepasta en tandeborsel gebruik. Ertjie pit grootte tandepasta op borsel begin met boonste tandjies en borsel saggies met sirkel bewegings.Laat kind uitsoeg en doen dieselfde met die onderste tande.Onthou om al die oppervlaktes te borsel en die kiestande of maaltande met liggiese skrop beweging heen en weer te borsel.

2-3 jaar

Presies die bogenoemde kan gedoen word.Wat mens nou kan begin byvoeg is om die tong van agter na voor te vee met tandeborsel.Ook die binnekant van die wange skoon te vee met tandeborsel.Hierdie oppervlaktes veral die tong het ook baie plaak op wat tandbederf veroorsaak.

Colgate het tandeborsels vir 0-2 jaar oud en dan vir 2-5 jaar oud.Colgate het ook tandepasta vir 0-2 jaar oud en 2-5 jaar oud.Oral B stages het tandeborsels vir 4mnde-24 mnde en dan van 2-4 jaar oud.

Ek ken 'n Pediatriese tandarts Dr Mignon Mc Kechnie haar telnr 012 348 4342 en die adres is 293 Annette van Zyl straat Faerie Glen. Beide my kinders gaan na haar toe en ek kan met ‘n geruste hart haar aanbeveel. Ek het haar gevra oor wanneer die eerste tandarts besoek moet plaasvind. Sy voel iewers tussen 2 en 3 jaar oud.Die kind moet gewillig en oop wees vir nuwe ervarings.Dikwels as ‘n kleintjie van 2 gereelde doktersbesoeke of sels hospitaalondervindings gehad het, is dit beter om te wag, totdat die gemoed ‘n bietjie beter is. Verseker nie later as 3 jaar oud nie.

Sjoe julle dit was nou omtrent 'n mondvol! Hoop om julle Pienkvoete en hul spierwit glimalaggies binnekort te sien!

1 Response

  1. Having a baby is very exciting and yet can also be very draining and
    challenging. If your baby consistently wakes up after a 30-minute nap,
    tiptoe into her room around the 20-minute mark, and charm her back to sleep once she starts the wake-up shuffle.

    And also, as anyone knows, sleep is precious with a small kid, particularly a new addition to
    the family unit.

Leave a comment

Close
Please support the site
By clicking any of these buttons you help our site to get better