Paasweek

Hierdie jaar is Paasnaweek 18-21 April. Die volgende naweek is ook ‘n langnaweek (27-30 April) Dit sal dalk slim wees om nie daardie week klas te hê nie en net ‘n gesamentlike paaspiekniek in die middel van die week te hou. As die Paasfees-Piekniek jou klasse vir die week vervang betaal die ma’s nie ekstra vir die piekniek nie. Of, doen net die aktiwiteite die week voor Paasnaweek.

 

Rympies

 

Hasie hop:

Ons is hasies hop hop hop
Kyk ons oortjies flop flop flop
Kyk ons ogies knip knip knip
Hoor ons voetjies trip trip trip

Hop and stop

This little rabbit went hop hop hop 
I said to the rabbit to stop stop stop (stop die beweging) 
This little rabbit went run run run (hou baba se arms vas en maak of hy hardloop) 
I said to the rabbit “fun fun fun” (laat baba hande klap) 

Easter bunny

The easter bunny’s feet go hop hop hop
While his big pink ears go flop flop flop!

10 Little chicks

Five eggs and five eggs, that makes ten! (Hou baba se handjies in die lug) 
Sitting on top is the mother hen (mamma maak baba se handjies toe) 
Crack crack crack, what do I see? (klap handjies) 
Ten little chicks as cute as can be! (skud baba se handjies in die lug) 

Easter Rabbit

Easter rabbit is fat fat fat, 
His soft little paws go pat pat pat,
His fluffy pink ears go flop flop flop 
When easter buns runs he goes hop hop hop 

Funny Bunny

Funny bunny goes hop hop hop, funny bunny please stop stop stop! 

Wiggle your ears and crickle your nose, then wiggle wiggle wiggle, right down to your toes! 

Vir jou les

 

Doen jou gewone les. Jy kan ‘n Paasfeesliedjie (sien jou Playlist) inbring of hierdie maand ‘n Paasfees rympie doen. Gebruik een of twee van die Paasfees aktiwiteite of idees in jou les. 

3-6 maande:

  • Gee vir elk ‘n hasie masker of hasie ballon om te volg.
  • Maak ‘n hasie-handpop op ‘n papiersakkie om te volg.
  • Teken ‘n hasie gesiggie op ‘n plastiese lepel. Laat baba volg.
  • Gebruik die hasie prentjie, plak op ‘n stokkie en steek deur ‘n koeldrankglasie vir “Waar’s hy, daar’s hy! Laat hul met hasie sterte (watte bolle) in bakke speel, voel, vat en trap.

7-12 maande: 

  • Gee marshmallow-paaseiers met stokkies in wat hul kan uittrek. 
  • “Waar’s hy daar’s hy!”met ‘n hasie-prentjie in ‘n koppie 
  • Trek hasie sterte (pom poms) af (gebruik die hasie template.) 
  • Soek die paaseiers in ‘n tekstuurbak. 
  • Plak met breë selotape (plakkant bo) ‘n kruis op ‘n spieël of op ‘n skinkbord. Sit voorwerpe soos pom poms, watte of pasta op wat hul moet aftrek. 
  • Maak ‘n sensoriese hasie in ‘n Ziplocksakkie- teken gesiggie op, plak ore en vul met shredded papier, watte ens. 
  • Laat hul met hasie sterte (watte bolle) in bakke speel, vat en trap. Steek voorwerpe daarin weg wat hul moet soek. 
  • Plak paaseiers uit foam gesny op die spieël om af te trek. 
  • Gee kruise in klei om uit te trek soos Tamsin

13-21 maande: 

  • Gee vir elk ‘n selotape-kruis op ‘n skinkbord en laat hulle pom-poms daarop plak, weer aftrek en in ‘n houertjie gooi.
  • Gebruik die template van die kruis. Lamineer. Laat hul met vingerverf, vla, skeerroom of jogurt daarop teken.
  • Plak paaseier-prentjies (gelamineer) teen jou mure of spieëls. Laat babas dit aftrek en deur ‘n gleuf in ‘n deksel pos.
  • Gebruik die template van die hasie-gesig. Lamineer. Knip die mond uit en laat hulle voorwerpe deur die hasie-bekkie pos.
  • Knip ‘n kruis uit karton en sit dit in ‘n groot plastiese Ziplock-sakkie saam met twee blertsies verf of skeerroom op ‘n skinkbord. Seël goed en laat babas die verf meng met hul handjies.
  • Laat babas paaseiers optel op die mat en dit in mandjies, ‘n groot emmer of ‘n skottel gooi.
  • Laat hul met hasie-sterte (wattebolle) in bakke speel, vashou en daarop trap. Steek voorwerpe daarin weg wat hul moet soek.
  • Gee vir elk ‘n bak met ‘n paar eierdoppe daarin waaraan hul kan voel en waarop hul kan trap.

22-36 maande: 

  • Gee vir elk ‘n harde wit paaseier. Gee ‘n klein bietjie voedselkleursel in ‘n bakkie met ‘n verfkwas of oorstokkie en laat hulle self die eier versier. Ruil kleure uit.
  • Behandel hierdie maand die vorm “kruis” en beklemtoon dat dit Jesus se kruis is.
  • Plak ‘n kruis met selotape op karton. Laat kinders daaroor verf en trek dan die selotape af om die kruis sigbaar te maak.
  • Gebruik die hasie-gesiggie-template. Gee vir elk twee verskillende kleure op ‘n skinkbord met vier wasgoedpennetjies van dieselfde kleur. Laat hulle die regte kleur by die regte kleur hasie plaas om vir hom ore te maak.
  • Laat hulle met wortels in ‘n skinkbord vol jogurt of kitspoeding “teken”.
  • Gee die kruis-template. Laat hulle dit met gom smeer en plak met saadjies, vere, pasta of saagsels. OF laat hulle self klei in slangetjies rol en daarop plak.
  • Maak hasie-gesiggies uit toiletrolle.
  • Maak hasie-gesiggies uit koeldrankglasies.
  • Jy kan eiers in die tuin wegsteek vir die 22-36 maande-klas, maar mamma sal moet help soek. Vir ander ouderdomsgroepe kan die eiers eerder in ‘n bak of skottel vol teksture weggesteek word.
  • Gebruik die template van die paaseier met kolle op. Laat hulle op die kolle verf of plakkers/watte op die kolle plak.
  • Laat hulle die regte kleur hasie-sterte (pom-poms) op die regte hasie plak. Gebruik die template.
  • Gebruik die template van die drie-stuk paaseier-legkaart. Lamineer en laat hulle self bou.
  • Gebruik die hasie-masker-template. Lamineer en laat hulle self versier met watte en verf. Ryg ‘n rekkie daardeur en sit dit op hul gesiggies.
  • Gee vir elk ‘n kruis (gemaak uit roomysstokkies). Laat hulle self knope of pom-poms daarop plak.
  • Gee vir elk ‘n prent van die buitelyne van ‘n paaseier, gedruk op karton. Gee gom en kwassies en laat hulle verskillende teksture daarop plak soos saagsels, sago of watte.
  • Hou asb. jou aktiwiteite ouderdomsgepas. Slegs kinders van 22-36 maande sal ‘n “kuns”-aktiwiteit kan doen.
  • Teken ‘n hasie-gesiggie op ‘n Ziplock-sakkie. Gooi ‘n handvol wattebolle in en wys vir hulle hoe om die wattebolle tot in die gesiggie te skuif.
  • Laat hulle die regte hasies of regte paaseiers by mekaar pas. Gebruik templates.
  • Gee vir elk ‘n sorteerbakkie en laat hulle “speckled eggs” volgens kleur in die gaatjies sorteer.
  • Laat hulle met hasie-sterte (wattebolle) in bakke speel, voel, vashou en daarop trap. Steek voorwerpe daarin weg wat hulle moet soek

Sensoriese matte idees:

Idees vir pakkies en eetgoed: