Paasfees DIY kompetisie

Wen een kwartaal gratis by Pienkvoet-Pret ... al wat jy hoef te doen is hier aan te sluit by ons nuusbrief:

Pienkvoet-Pret bied heerlike en omvattende stimulasie klasse aan wat jou kind se algehele ontwikkeling stimuleer.Die klasse word in die volgende 4 groepe ingedeel om te verseker dat ouderdom spesifieke mylpale bereik word:

  • 3 - 6 maande
  • 7 - 12 maande
  • 13 - 21 maande
  • 22 - 36 maande

Volg hierdie skakel om aan te sluit by ons nuusbrief

Laai jou Gratis Paasfees DIYs af hier ...

 

Pienkvoet-Pret Paasfees DIY #1

Pas die paaseiers bymekaar

1. Druk jou gratis paaseiers ontwerpe uit, knip hul uit en knip hulle dan op die

stippellyne in 3

2. Skommel die uitgeknipte paaseiers en laat jou kleintjie weer die verskillende dele

bymekaar pas

Laai jou gratis paaseier ontwerpe hier af: Gratis paaseiers ontwerpe

Pienkvoet-Pret Paasfees DIY #2

Plak die stert op die hasie

1. Druk jou gratis hasie-ontwerp uit

2. Gebruik pompoms of watteballetjies

3. Sit ‘n kolletjie gom op die hasie en laat jou kleintjie die hasie se stert opplak

Laai jou gratis hasie-ontwerp hier af: gratis hasie-ontwerp

Pienkvoet-Pret Paasfees DIY #3

OPSIE 1: Versier die paaseier

1. Druk jou gratis paaseier ontwerp uit

2. Versamel knope, pompoms of ander klein voorwerpe rondom die huis

3. Sit ‘n kolletjie gom vir ‘n voorwerp op die paaseier en laat jou kleintjie dit daarop

plak totdat die paaseier versier is

Laai jou gratis paaseier ontwerp hier af: gratis paaseier ontwerp

OPSIE 2:

Versier die paaseier

1. Druk jou gratis paaseier ontwerp uit

2. Gebruik ‘n wasgoedpennetjie en knyp ‘n pompom daarin vas. Laat jou kleintjie die

pompom doop in verf en laat hom/ haar dan toe om die paaseier te versier met die

pompom.

Laai jou gratis paaseier ontwerp hier af: gratis paaseier ontwerp

 

2 Responses

  1. Ek wil graag by julle aansluit vir al die pragtige idees wat julle deel, maar ek is van Kathu in die Noord-Kaap en wil graag van julle idees gebruik in my kleuterskool. Is dit toelaatbaar.

    • Hi Ronell, baie dankie vir jou boodskap.

      Ons DIYs is verniet en gratis vir jou om te gebruik sooswat jy graag sou wou

Leave a comment

Close
Please support the site
By clicking any of these buttons you help our site to get better