Oupa en Oumaweek

Eenmaal per jaar word die oupas en oumas genooi om ‘n klas saam met ma en baba by te woon in hul gewone klastyd. Ons vra NIE oupas en oumas geld om hierdie dag te kom bywoon nie. Jy kan slegs geld vra as dit vir ‚n (duurder) geskenkie is wat elk gaan kry (maar steeds mag dit nie verpligtend wees nie) 

Ma’s wat nie oupas en oumas naby het nie, moet asb. nogsteeds klas kom bywoon. 

Jy kan al lank vooruit vir ma’s laat weet wanneer Oupa en Oumaweek is sodat die wat ver woon, kan beplan. Stuur vir elkeen vroegtydig ’n uitnodiging. Jy moet vooraf presies weet hoeveel kom. Sit soveel stoele aan die kante van jou klas. Nie alle oumas en oupas kan meer plat op ’n mat sit nie, maar die wat wil en kan is baie welkom. Party franchisees doen hierdie klas op hul stoep of in die buite-area waar daar meer spasie is. Dis nie die ideaal nie. Onthou net dat jy steeds vir hul die Pienkvoet-Pret klas ervaring wil gee, nie noodwendig dat elkeen op hul eie by ‚n stasie alleen hul aktiwiteite moet doen nie. Jou klas gaan baie meer voller en beknopter as altyd wees, maar maak die beste daarvan. 

Laat hul voor die klas begin, hulself aan mekaar voorstel, en ook sê by watter baba hul “pas“. Gee ‘n sjokelade vir die oupa/ouma wat die meeste kleinkinders het/ oudste is/ verste gekom het. Vertel hul vinnig iets van Pienkvoet-Pret en waarom ons dit doen. 

Of, doen ‘n oulike ysbreker voor die klas begin om hul gemaklik te laat voel. 

Die Les

 

Jy gaan ‘n normale klas aanbied, maar daar gaan bietjie minder aktiwiteite wees sodat jy hul welkom kan heet en aan mekaar kan voorstel. Doen aktiwiteite wat jy weet die kinders baie gaan geniet. Laat hul soveel moontlik aktiwiteite saam met oupa en ouma doen. Jy wil ook mooi tussenin kan verduidelik. Op Dropbox is daar voorbeeldlesse wat jy kan gebruik. Gebruik ook die liedjies op jou playlist spesiaal vir oupa/oumadag. Wissel die aktiwiteite jaarliks af. 

Hul is baie welkom om ook op die mat te sit langs die baba. (die wat nog kan!) As baba gemaklik is kan die ma ook die aktiwiteite na oupa en ouma toe neem en hul doen dit dan op hul skote. Hul is welkom om hande te klap na elke aktiwiteit. 

Die idee is om hul baie spesiaal te laat voel. Betrek hul heeltyd by die les! Vertel waarom elke aktiwiteit gedoen word. Komplimenteer elke ouma en oupa persoonlik met hul oulike slim kleinkinders. 

Jy is welkom om‘n fotograaf te kry om aksiefoto’s tydens die les te neem.‘n Groepfoto voor jul uitgaan is ook baie oulik. 

Ek stel voor dat jy die klastye aanpas vir hierdie week. maak kuiertyd buite ten minste ‘n uur sodat hulle rustig kan wees en jy genoeg tyd het voor die volgende klas begin.

Rympies

 

Soene:

Oupa soene (soen aan een kant van wangetjie) 
Ouma soene (soen aan ander kant van wangetjie)
Kielie tone (kielie baba se tone) 
En boerpampoene (kielie lyfie) 

Ouma leer my:

Ouma leer my handjies rol 
En vinnig met my beentjies hol 
Oupa tel my tone 
En kielie my van kop tot tone! 

Ouma en Oupa

Ek is lief vir Ouma, 
sy’s baie lief vir my. 
As ek by haar gaan kuier, 
sal ek ‘n koekie kry. 
Ek is lief vir Oupa, 
ek sê dit oor en oor. 
As ek op sy skoot gaan sit, 
sal ek ‘n storie hoor. 

Beste Ouma, Beste Oupa:

Naby of ver 
Hier of daar 
Oupa is die beste 
Van die ooste tot die weste 
Vinnig of stadig 
Grys of nie 
Ouma is die beste 
Van die ooste tot die weste 

Vingerpoppe:

Maak vir elk ‘n stel vingerpoppe en doen daarmee hierdie rympie:

Hierdie oupa is so slim,
hierdie ouma kan nog trappe klim,
hierdie oupa is so sterk,
hierdie ouma hou van werk,
en hierdie oupa wil net soene bring! 

Aktiwiteite

 

In jou voorbeeldlesse is oulike idees

Enige van die volgende aktiwiteite kan ook in jou les gedoen word: 

Druk die prente van oupa en ouma uit, lamineer, plak stewig teen die spieël of op ‘n skinkbord en laat hul met skeerroom daaroor smeer.

Laat oupa en ouma borrels blaas

Monya in Bethlehem:

Monya se oulike oupa en ouma lepeltjies om uit ‘n blik se gleuf te trek: 

Vir pensie pret kan die babas die oupa en ouma gesigte volg op ‘n blik soos in Marilee se klas

Babas swaai

Nadine se roomys tema

Charolize

Maryna

Maryna

Maureen

Buite

Dek vir hul ‘n mooi tafel met tafeldoek, blomme, servette, koppies ens. Sorg vir genoeg eetgoed! Afhangende hoeveel kom, kan jy voor die tyd met almal reël om bordjie soet/sout te bring. 

Aktiwiteit Templates:

Ek het net ogies vir my oupa: Druk op A4 en lamineer. Gebruik by 3-6mnde klas om te volg met ogies:

Roomys en kitspoeding

Druk op A4 en lamineer vir elk. Sit op ‘n skinkbord en gee iets soos vla, kitspoeding of jogurt wat hul hierop moet smeer en proe. Of, gee vir Oupa en Ouma as ‘n kaartjie saam met ‘n ysie/marshmallow roomys huistoe. Jy kan ook vir die 22-36mnde klas elk een op A4 karton druk en dan versier hul dit met gom en “sprinkles”, konfetti/gekleurde papier/shredded papier. 

I’m as happy as can bee

Druk op A4 karton en laat hul handjies op verf afdruk om die vlerkies van die by te maak: 

Smeer kitspoeding of iets soortgelyk op die hartjie

Druk op A4, lamineer en plak in ‘n skinkbord. Gee iets soos skeerroom, stroop, vla of kitspoeding wat hul oor die hartjie moet smeer met hul handjies. Of, druk op karton vir elkeen en laat hul handjies/voetjies in die hart afdruk met verf. Of, 22-36mnde kleintjies kan 

Smeer skeerroom of kitspoeding

 Druk op A4 karton. Lamineer. Sit in ‘n skinkbord en laat hul met vingerverf, skeerrroom of kitspoeding daaroor smeer. 

Maak blommetjies

Druk op A4 karton en laat die 22-36mnde kleintjies blomme maak met cupcake houers/knope/vingerverf: 

Vingerpoppe

Oupa gesig

Ouma gesig

Lamineer en laat babas skeerroom opsmeer

Laat baba sy/haar handjie afdruk maak in die hartjie

Druk op A4 karton en laat hul gom om SALT smeer en dan plak hul sout of growwwe sout op en laat oupa en ouma huistoe neem.

Geskenkidees:

Dis oulik om vir elk‘n geskenkie te gee, maar die idee is eerder dat die groter kinders self iets vir hul moet maak. 

Ma’s kan bv sakdoeke, vatlappe, voorskote of inkopiesakke saambring waarop babas se hande of voete dan afgedruk kan word. Dit kan selfs ‘n paar weke voor die tyd ook gedoen word. As jy dit op hierdie manier doen, kos dit jou niks. 

Of ma’s kan vir elkeen ‘n potplantjie/kruieplantjie saambring: Jy kan elke baba se handjie die vorige week laat afdruk op verf en vra ma dan om namens baba ‘n boodskap by te skryf vir oupa en ouma. Lamineer of DC Fix elk en plak aan ‘n sosatiestokkie vas. Gee dit saam met die potplantjie/kruieplantjie. 

Gee van die kaartjies, huisreëls en boekmerke op Dropbox saam met ‘n koekie/beskuit/klein sjokelade om hul welkom te laat voel. 

Nadine se Roomystema

Nadine se Roomystema

Gee saam kaartjie onder templates

Maryna se ingelegde vadoeke

Maureen

Maryna het vreeslik baie oupas en oumas gehad, toe dek sy buite lang tafels

Maryna het vreeslik baie oupas en oumas gehad, toe dek sy buite lang tafels

Maryna het vreeslik baie oupas en oumas gehad, toe dek sy buite lang tafels

Maryna het vreeslik baie oupas en oumas gehad, toe dek sy buite lang tafels

Maureen

Maureen

Maureen

Maureen

Maureen

Maureen

Oulike “oupa” beskuit om te bestel by www.oupabeskuit.co.zae bestel by www.oupabeskuit.co.za

Yolandi Haasbroek se bederf

Maureen

Danita

Danita

Charolize

Charolize

Charolize

Charolize

Carli

Kaartjies:

Hierdie “props” kan gebruik word vir foto’s- laat hul dit vashou.

Hierdie “props” kan gebruik word vir foto’s- laat hul dit vashou.

Hierdie “props” kan gebruik word vir foto’s- laat hul dit vashou.

Hierdie “props” kan gebruik word vir foto’s- laat hul dit vashou.

Hierdie “props” kan gebruik word vir foto’s- laat hul dit vashou.

Hierdie “props” kan gebruik word vir foto’s- laat hul dit vashou.

Gee saam met lens wipes (Afr en Eng)

Gee as 'n kaartjie saam met 'n pakkie Nachos (Afr en Eng)

Plak as 'n plakker op ‚n klein bakkie en vul met lekkertjies as 'n geskenkie (Afr en Eng)

Gee as 'n kaartjie saam met ‘n botteltjie seepborrels

Gee as 'n kaartjie saam met ‘n geskenkie

Gee as 'n kaartjie saam met ‘n geskenkie

Gee as 'n kaartjie saam met ‘n teesakkie (Afr en Eng)

Gee as 'n kaartjie saam met ‘n geskenkie

Temas

Oupa en Oumaweek hoef gladnie volgens ‘n tema gedoen te word nie. Daar is wel franchisees wat dit so gedoen het met groot sukses. As jy hierdie kwartaal jou Oupa en Oumaweek hou kan jy dit ook kombineer met die Paasfees tema. 

Nadine het ‘n roomys tema gedoen. 

Monya het die superhero tema gedoen: 

Gebruik jou templates. Druk kaartjies en lamineer, of laat druk plakkers.

Gebruik jou template en druk plakkers of lamineer. Plak op houertjie se deksel en vul met rooi slym. Gebruik eers as sensoriese aktiwiteit in die klas. Gee huistoe.

Gebruik jou template en gee vir elk saam ‘n bakkie met ietsie soets in..

Gebruik jou template en gee vir elk saam met 'n Oreo.

Appel tema

7-12mnde:

  • Gee vir elk ‘n skeppie Purity appel op ‘n skinkbord en laat hul met hul hande daarin vryf en dit proe.
  • Sny ‘n plat stukkie appel, druk stokkies daarin en laat hul dit uittrek.
  • Plak DC fix plakkant na bo vir elk op ‘n skinkbord. Teken ‘n boom op. Rol stukkies rooi kreukelpapier op en plak op die boom. Laat hul nou self die appels aftrek.

13-21mnde:

  • Gee vir elk ‘n skeppie Purity appel op ‘n skinkbord en laat hul met hul hande daarin vryf en dit proe.
  • Sny ‘n plat stukkie appel, druk stokkies daarin en laat hul dit uittrek en weer terugsit.
  • Plak DC fix plakkant na bo vir elk op ‘n skinkbord. Teken ‘n boom op. Rol stukkies rooi kreukelpapier op en plak op die boom. Laat hul nou self die appels aftrek.

22-36mnde:

  • Gee vir elk ‘n kwart stukkie appel en laat hul dit self met ‘n plastiese messie sny en dan vir oupa en ouma voer.
  • Gee vir elk ‘n skeppie Purity appel op ‘n skinkbord en laat hul met hul hande daarin vryf en dit proe.
  • Sny ‘n plat stukkie appel, druk stokkies daarin en laat hul dit uittrek en weer terugsit en tel.
  • Plak DC fix plakkant na bo vir elk op ‘n skinkbord. Teken ‘n boom op. Laat hul stukkies rooi kreukelpapier rol en die appels op die boom plak.

 Sit skywe appel in jou watertafel in water en laat hul dit met siffies uithaal.

Uitnodiging – ENG
Uitnodiging – AFR
Aktiwiteite en dékor