Ontmoet Pienkvoet-Pret Serengeti se eienaar

Vandag wat ek my storie skryf besef ek net weer hoe God se plan lank voor die tyd al in werking is, nog voor jy daaraan dink of in ‘n situasie is. Jare terug terwyl ek nog enkellopend was het my baas gesê “eendag as jy ‘n Mamma is, gaan jy hierdie wêreld agterlaat, jou passie is by kinders”. Ek het natuurlik gelag vir daardie opmerking.  Paar jaar later is ek getroud en in 2012 is ons eerste seuntjie gebore. My baas was reg, ek was bevoorreg om te kon bedank en elke oomblik by my kind te kon wees.

In 2014 is ons geseën met ‘n tweede seuntjie.  Tussen nuwe huis bou en twee keer trek, was ek lekker besig met twee babas wat verskillende ouderdomme was. Ek wou graag vir hulle my alles gee. Ons het saam swemlesse gedoen, hulle was orals saam my en later op hul baba en peuter manier Mamma gehelp.

Ek en 3 ander vriendinne het ‘n speelgroepie begin. Een keer ‘n week het ons by iemand se huis bymekaar gekom. Dit was lekker om raad uit te ruil en te sien hoe die babas met mekaar speel en kommunikeer.

Met groot opgewondenheid kon ons in Februarie 2015 in ons nuwe huis in Kempton Park intrek. Sommer met die intrekslag het ek albei my seuntjie by Pienkvoet-Pret Boksburg ingeskryf. Dit was vir my heerlik om twee keer ‘n week na die Pienkvoet klasse te gaan. Daar het ek vriendinne gemaak, gehoor min slaap is iets wat elke Mamma tref en tande kry ‘n kopseer vir almal. Ek weet nie wie het meer uitgesien na ons Pienkvoet klasse – ek of die seuntjies.

My seëning is dat my seuns elke dag ‘n ruk uit die huis moes kom, tussen Pienkvoet-Pret klasse en swemlesse het ek hulle gereeld na ons kompleks se speelarea en dam gevat. Dit was vir my opvallend hoe baie babatjies by oppassers bly. Daar word elke nou en dan met daardie babas in die kompleks gestap, maar kan nie buite die kompleks na stimulasie klasse gaan nie. Ek wou vreeslik graag iets doen vir daardie kindertjies. Ongelukkig was die Pienkvoet-Pret franchise opsie vir Kempton Park op daardie stadium nie beskikbaar nie.

Weereens God het ‘n plan. Junie 2016 word ons deur my man se werk gestuur na Nairobi, Kenia. Dit was absoluut wonderlike tyd daar. Kenia is ‘n mooi land met goeie mense. Ongelukkig op 21 September was ons in ‘n gewapende huisroof.  My man was geskiet en weens die erns van sy wonde is ons gehaas na Suid-Afrika. God het ons beskerm daardie aand. Hy het ‘n plan met ons. My man se herstel het stadig gegaan, ons het lank gedraai in Suid-Afrika en later het my man se maatskappy sy pos geskuif terug na die Suid-Afrika kantoor. Ons was bevoorreg om Kenia te kon leer ken, al was dit net vir ‘n paar maande.

My man sê heeltyd dat daar goeie dinge moet kom na daai slegte aand en daar het!  God het ons gered met ‘n doel. Ek het besef dat ek altyd ‘n Christen was, maar na so aand/traumatiese tyd beweeg jy of weg van God, of baie nader, nou is ek ‘n kind van God. Ek het gevoel ek wil iets doen waar ek God se Almag kan uitleef, deel en vertel. Hy is lief vir ons, ek wil dit vir almal vertel. Jesus roep die kinders en Hy maak my soeke na ‘n Pienkvoet-Pret franchise net groter. Ek het navraag gedoen vir ‘n franchise geleentheid in ‘n area in Pretoria, dit sou beteken ons moet ons Kempton park huis verkoop en weer trek. Maar julle, drome word waar!! Pienkvoet Pret Kempton Park / Edenvale area was toe beskikbaar.

Ek het ons Hemelse Pappa gevra as dit Sy wil is, dat ek sy naam verkondig en eer deur middel van Pienkvoet, dat ek die franchise sal kry. Deure is vir my oopgemaak op die mees wonderbaarlikste manier.

Ek het die laaste paar maande geleer dat Pienkvoet Pret nie net sommer ‘n franchise is nie, dis ‘n familie.  Ek is so opgewonde om Oktober my Pienkvoet -Pret deure oop te maak en te speel, sing, dans en leer tot eer en verheerliking van ons Hemelse Pappa.

Kontak gerus vir Natalie op serengeti@pienkvoetpret.co.za om jou GRATIS les te bespreek.

2 Responses

  1. Hallo Natalie,

    Ek wil graag meer inligting hê oor die klasse asb. Prys en program asb.

    Baie dankie,
    Zana

    • Hi Zana,

      Ek het jou inligting aangestuur x

Leave a comment

Close
Please support the site
By clicking any of these buttons you help our site to get better