Ontmoet Maureen ons nuwe Upington Pienkvoet-Pret eienaar

Om ‘n ma te wees vandag is nie maklik nie. Hierdie realiteit het my getref soos ‘n blerts pampoen-Purity in die gesig. Ek het in ‘n nuwe dorp gesit met ‘n kleuter van 2 jaar en ‘n babalyf van 3 maande. My man het op daardie stadium weg van die huis af gewerk en was meestal net naweke tuis. Taai tye en taai vloere.
Dit was in hierdie tyd wat ek my eerste gratis klas by Pienkvoet-Pret bygewoon het. Die vriendin wat my verwys het het ‘n prentjie geskets wat te goed geklink het om waar te wees, maar Pienkvoet-Pret het al my verwagtinge oortref. My woelige dogtertjie het floreer tydens al die aktiwiteite binne en buite die klas en ek het wonderlike vriendinne gemaak. Dit was vir my ‘n veilige hawe waar ek met ander vrouens, wat in dieselfde seisoen as ek was, kon praat oor die uitdagings van ma-wees. Waar ons idees uitgeruil het en ook die vreugdes van ma-wees gevier het. Dit alles terwyl ons kindertjies speel-speel leer en ons kwaliteit-tyd saam met hulle spandeer.
‘n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming. (Spreuke 16:9). Ons verhuis met groot opgewondenheid Upington toe. ‘n Pragtige dorp waar die mense warm harte het. Al wat kort is Pienkvoet-Pret!
Die opening van Pienkvoet-Pret Upington is vir my ‘n groot droom wat waar word. Ek sien met vreugde en afwagting uit na ons groot opening Januarie 2019. Dit is my hart dat mammas en hul babas dieselfde ervaring sal hê as wat ekself by Pienkvoet-Pret gehad het. ‘n Plek waar kindertjies speel-speel kan leer en floreer en waar mammas kan saamkuier, lag en vriendinne maak.
Om ‘n ma te wees vandag is nie maklik nie, maar dis nogsteeds lekker. En dis ‘n voorreg en ‘n seëning. En by Pienkvoet-Pret, help ons veral met die pret-gedeelte daarvan! Ek sien baie uit om die “pienkvoet-tannie” te wees. Dis ‘n label wat ek met trots dra. Sien julle Januarie 2019!

Kontak Maureen by upington@pienkvoetpret.co.za vir jou eerste les - dis GRATIS!

No Comments Yet.

Leave a comment

Close
Please support the site
By clicking any of these buttons you help our site to get better