Ontmoet die nuwe Pienkvoet-Pret tannie in Silver Lakes

Dis ‘n groot eer om myself voor te stel aan al die mammas en pappas by Pienkvoet-Pret Silver Lakes. Ek het al ’n paar van julle ontmoet en ek is vreeslik opgewonde om die res van julle en jul pienkvoete te ontmoet.

Ons kinders is soos skatte – ons moet hulle bewaar en ons moet seker maak dat hulle net die beste uit die lewe kry. Daarom het ek besluit om betrokke te raak by Pienkvoet-Pret; ek glo sterk daarin om ‘n standvastige fondasie so vroeg as moontlik te bou by elke kind sodat hulle ‘n voorsprong het in die lewe en al die uitdagings wat daarmee gepaard gaan. Ek is passievol oor kinders en elke kind in my klassies is soos my eie kinders en sal altyd met respek en geduld hanteer word. My klassies word informeel maar met goeie roetine vir die kleintjies aangebied, so die kinders en hulle ouers sal altyd gemaklik wees.

Ek is ‘n trotse mamma van twee wonderlike dogtertjies, Mia en Hayley, en my baba  is self deel van die Pienkvoet-Pret program. Ek is ‘n aktiewe en sosiale persoon, so ek is mal daaroor om te onthaal en nuwe mense te ontmoet, of dit nou by my huis is, in die Pienkvoet-Pret klassies, of in die gym. As ek jou en jou pienkvoete buite my klassies raakloop sal ek altyd ‘n geselsie aanknoop om te hoor hoe dit met julle gaan.

Ek sien uit daarna om almal te sien en te ontmoet!

Groete,

Tannie Maricia

Bespreek nou jou plekkie by Pienkvoet-Pret Silver Lakes

silverlakes@pienkvoetpret.co.za

082 926 6066

No Comments Yet.

Leave a comment

Close
Please support the site
By clicking any of these buttons you help our site to get better