Ontdek die kuns van kinders besig hou

Deur - 'n Pienkvoet-Pret Mamma

Die dag toe jy ’n mamma geword het, het jy geweet jy gaan moet doeke ruil, bad, room smeer, kos maak, skoon maak, gesond maak en, en, en! Maar êrens het jy op die fynskrif uitgemis wat lees: “HOU MY 24/7 BESIG”. En hier sit jy, of eerder hier sit jou kleingoed, almal op ’n ry, net soos daai blink orrelpype in die kerk waarin jy grootgeword het, en hul al 3 se ogies kyk na jou. Dit reën buite en nou dat jy die skopfietse in die huis verban het, het hul NIKS om te doen nie.
Jy het een van twee keuses… sit tjoepstil en hoop hul sien jou nie raak nie of gaan haal die kunsboks uit die kas uit. Kuns aktiwiteite vereis dalk aanvanklik so bietjie van jou tyd en aandag, maar voor jy sien klim die kleingoed sommer behoorlik in die boks en begin “uit die boks uit” dink. Ons het ’n lys saamgestel met ’n paar noodsaaklike items wat elke kunsboks moet hê.
’N BOBAAS KUNSBOKS:
1. Verskillende kleure papier/karton
2.     Skêr
3.     Gom (Nie-giftige tipe)
4.     Kleefband
5.     Skryfgoed (Kryte, koki-penne ens)
6.     Plastiek ogies
7.     Papiersakkies
8.     Wit papier koppies
9.     Hout roomys-stokkies
10.   Pypskoonmakers
11.   Plakkers
12.   Tou/Wol
13.   Watte
14.   Papierborde
15.   Liniaal
16.   Verf
17.   Sponsies en kwaste
18.   Kant en/of lint
Nou dat jy ’n volledige kunsboks het kom loer in op die Pienkvoet-Pret App vir oulike kuns aktiwiteite. Nou kan dit maar reën, hael of sneeu!
WENK: Moenie die klein stukkies papier, lint en karton weggooi nie. Gooi dit in ’n sakkie en bêre dit weer in die kunsboks. Die kleingoed mag dit dalk net weer volgende keer gebruik om hul kunswerke op te helder of voltooi.

No Comments Yet.

Leave a comment

Close
Please support the site
By clicking any of these buttons you help our site to get better