Pienkvoet-Pret Nelspruit

Ontmoet Lana, die Pienkvoet-Pret tannie in Nelspruit

Ek is ’n mamma van twee pragtige dogtertjies, Fleur en Elke, en ek is getroud met Marco – my steunpilaar, die liefde van my lewe en die priester van ons huis.

Ek sou baie graag saam met albei my dogtertjies Pienkvoet-Pret wou bywoon, maar weens my werksomstandighede moes ek weer terugkeer werk toe.

As mamma én onderwyseres het ek ’n groot passie vir kinders en opvoeding. In die onderwys het ek daagliks beleef hoe belangrik stimulasie en betrokkenheid in ’n kind se vroeë ontwikkelingsjare is. Dit het my belangstelling in Pienkvoet-Pret net verder versterk.

Pienkvoet-Pret bied vir my die geleentheid om saam met mammas die boublokke van vroeë ontwikkeling te help lê – ’n plek waar ’n mamma haar “village” kan vind – terwyl ek terselfdertyd daar kan wees vir my eie gesin. Dit is ’n voorreg wat ek opreg waardeer.

“FUN FACTS”

  • My dogtertjies is albei onder een en ’n half jaar oud – my kosbare “2-under-1-and-a-half”-wondertjies.

  • Ek geniet ’n oggendkoppie koffie om my dag rustig en dankbaar te begin .

  • Ek is ’n trotse Suid-Afrikaanse gimnas.

  • My gunsteling tydverdryf is om kwaliteittyd saam met my man en my dogtertjies deur te bring.

  • My gunsteling vakansieplek is by die see, waar ek werklik kan ontspan en asem skep

Elke mamma moet Pienkvoet-Pret oorweeg want….. dit bied ’n betroubare, liefdevolle en ontwikkelingsgebaseerde speel-speel omgewing waar jy kwaliteit-tyd met jou baba kan geniet, hul vroeë mylpale kan ondersteun en hulle algehele ontwikkeling kan stimuleer, terwyl jy deel word van ’n ondersteuningsnetwerk vir mammas.
5. Links na jou Facebook en instagram pages

Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

“To the world, you are a mother, but to your family, you are the world”.
Unknown