‘n Babakamer uit die modeboeke

Jou pienkvoet is amper hier, die klerekas is vol, die doekesak gepak, die stootwaentjie gekoop - nou lê die lekkerste deel voor - die babakamer. Of jy nou van plan is om jou baba in jou kamer te laat slaap vir die eerste paar maande of nie, gaan jy steeds 'n spesiale plekkie vir nuwe baba regmaak.

Die keuses en opsies is amper so lank as die lys name wat jou skoonma vir die nuwe baba voorstel, so ons het die hulp van plaaslike kenner Chrisinda Viljoen van Hello Dolly Designs ingeroep om so bietjie raad aan te bied oor wat sjiek en wat "schlep" is.

  1. Jou opinie? Versier volgens kleur? Tema? Of beide?

Ek dink beide speel 'n rol in die mooi maak van 'n babakamer.  Dit is belangrik om 'n kleur/kleure te kies en by die tema te hou.

  1. Wat is tans die grootste babakamer modegier?

My gunsteling modegier vir 'n babakamer is 'n minimalistiese,  skandinawiese/monochroom styl.  Wit met koel grys/swart skep die regte gevoel vir ’n Skandinawiese babakamer. Pasgebore babas kan in die begin slegs wit & swart sien.  Meubels moet eenvoudig wees en moet verkieslik hout of wit wees.  Patrone op beddegoed of teen die muur is baie populer.  Hou dit netjies sonder fieterjasies met skoon lyne.

  1. Hoe verseker mens dat die babakamer tema so bietjie langer kan gebruik word?

Hou dit eenvoudig, skoon en fuksioneel.  Deur om te gaan met 'n minimalistiese skandinawiese / monochroom styl, sal jy verseker wees dat dit maklik omskep sal word in 'n kleuterkamer.

  1. Hoe versier mens baba se kamer op ‘n begroting?

Dit hoef nie duur te wees om ’n babakamer in te rig nie.  Ou meubels kan opgekikker word met eenvoudige wit verf of houtmeubels kan afskuur en geolie word.  Kleur is die vinnigste en goedkoopste raad om ’n babakamer in te rig. Dit bewys weer hoeveel wonders verrig kan word met verf.   Mure kan ekstra karakter kry deur decals/muurplakkers te gebruik.  Versier dit met eenvoudige patrone.  Ondersteun Suid-Afrikaanse vervaardigde produkte wat jou sak sal pas.

  1. Wat is jou grootste babakamer ontwerp wenk?

Moenie jou babakamer oormeubileer nie, want dit is in die begin hoofsaaklik 'n “werkruimte”. Hou dit eenvoudig en prakties.  Maak gebruik van minimalistiese kleure (wit/grys/swart), met 'n tikkie kleur.

  1. Vertel ons so bietjie meer van Hello Dolly Designs?

Hello Dolly is gestig in 2013.  Ons spesialiseer in grafiese ontwerp, muurplakkers baba- en kleuterlinne as ook dékor items.  Ons is mal daaroor om oorspronklike ontwerpversoeke te ontvang en om ons kliënte gelukkig te hou.

Volg Hello Dolly Designs gerus op die volgende sosiale media platforms:

Facebook https://www.facebook.com/HelloDollyDesigns/

Instagram | https://www.instagram.com/hellodollydesigns/ 

No Comments Yet.

Leave a comment

Close
Please support the site
By clicking any of these buttons you help our site to get better