Muskiet-tyd! Hou hulle weg van baba met hierdie natuurlike middels.

Deesdae word ons al hoe meer bewus van al die onnatuurlike middels waaraan ons en ons pienkvoete blootgestel word. Daar is ‘n groot beweging van ouers wat hul kinders meer natuurlik wil groot maak en hierdie middels beperk. Gedurende die Somer is daar niks wat mens uit die slaap kan hou soos muskiete nie. Hoe hou ons hierdie goggas van ons klein goggatjies weg sonder om ons te wend na die insekdoder op die winkel rak?

• Suurlemoen Eucalyptus Olie
Meng Suurlemoen Eucalyptus met Sonneblom olie volgens ‘n formule van 1 druppel Eucalyptus vir elke 10 druppels Sonneblom olie.
• Laventel Vanilla
Meng 15 druppels laventel olie, 3-4 eetlepels vanilla ekstrak, 3-4 eetlepels suurlemoen sap in ‘n botteltjie wat kan sprei. Gooi dan gebottelde gedistilleerde water by tot botteltjie vol is.
• Seep olie
Meng 5ml olie met 2ml seep in vloeistof vorm in ‘n botteltjie wat kan sprei. Skud goed en jy’s reg om dit te gebruik.
• “Back-off” muskietweerder
Meng 1-1 ½ teelepels water, 1 teelepel kasterolie, 8 druppels roosmaryn olie, 8 druppels sitroengras olie en 4 druppels geranium olie in ‘n botteltjie wat kan sprei. Skud goed voor gebruik.
Met hierdie paar resepte kan jy die welstand van jou gesin beskerm sowel as ‘n hele paar rand spaar.

No Comments Yet.

Leave a comment

Close
Please support the site
By clicking any of these buttons you help our site to get better