Pienkvoet-Pret Middelburg
Ontmoet Louise, die Pienkvoet-Pret tannie in Middelburg
In 2018 is my eerste baba gebore, en soos meeste Mammas het ek snikkend begin dink aan terug gaan werk toe. In die aanloop tot terugkeer, het ek my werk verloor. Ek het angstig na iets begin soek om steeds ‘n bydrae tot ons gesinslewe te kan maak. Na vele mislukte aansoeke en teleurstellende onderhoude het ek een Sondag aand op Facebook gesien Pienkvoet-Pret Middelburg is in die mark. In ekstase en met reuse opgewondenheid het ek amper my man laat hartaanval kry van my gil van opgewondenheid. Ek het dadelik geweet hierdie is die antwoord op my gebede!! Aansoek is gedoen en met groot opgewondenheid het ek en my baba begin klassies bywoon. Toe kry ek my uitnodiging vir ‘n onderhoud. Meer en meer het ek net besef dat hierdie absoluut is wat ek wil doen.
Kort daarna het ek my lekkerste e-pos nóg ontvang. So is my tweede baba in Oktober gebore toe ek my deure as eienaar die eerste keer oopmaak. Die voorreg om deel te kan wees van ontwikkeling van klein lyfies is die lekkerste lekker. Om weekliks te kan sien hoe baba én Mamma ontwikkel en groei maak my opgewonde. Mamma-wees is ‘n reuse oorweldigende, ontnugterende uitdaging. En om deel te wees van elke Mamma se “village” en ‘n veilige omgewing te skep waar Mammas saam lag, leer, huil en selfs bid is die wonderlikste voorreg.
“FUN FACTS”
- Ek kan my neus met my tong raak
- Ek is histeries bang vir slange
- Ek hou vreeslik baie van “dad-jokes”
- Ek kan my kop met my voete raak
- Ek hou baie van Super-hero flieks
Wat ander mammas sê
Mariska Griffin
Simone vd Merwe
Ulrika Enslin
Ek en my dogtertjie is nog baie nuut by PVP maar ons voel reeds soos familie. Dis n plek waar ons as mammas saam ons babas kan leer en speel maar ook waar ons nuwe mense kan ontmoet en ons experience van ma- wees, the good and the ugly, kan deel!
Stephanie Jansen van Vuuren
Pienkvoet-Pret is regtig ‘n must vir elke mamma en baba. Ons as mammas leer net so baie soos ons babas. Ons geniet elke oomblik van elke klassie. Dis saam lag, dans, speel en gesels en so ‘n lekker support system vir enige mamma. Louise is regtig net hierdie amazing Pienkvoet-Pret tannie. Ons word altyd met soveel warm en vriendelikheid ontvang. Sy is net die beste en die kids (en ons) love haar.
“Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê”