Mamma week

Moedersdag is hierdie jaar 11 Mei. By Pienkvoet-Pret is ons mammas en oumas vir ons ekstra spesiaal, so kom ons bederf hul ekstra baie!! 

    • Bederf die ma’s die week voor dit Moedersdag is. Jy doen steeds jou gewone klas maar doen iets spesiaals net vir hulle tydens die les of na die tyd. 
    • Beplan vooruit sodat jy nie vasbrand nie! Moenie elke jaar dieselfde doen nie, wissel idees af. 
    • Kyk na al die idees en templates van kaartjies, kunswerkies, rympies en ens wat op hierdie webblad gedeel is. Besluit wat jy hierdie jaar wil gebruik. Moet asb nie oorboord gaan nie, dit word regtig nie van jou verwag nie! Hou dit eenvoudig, dis net die idee wat tel. 
    • Stuur gerus vir mammas die liedjie op Dropbox via Whatsapp met ‘n mooi boodskap by. 
    • Gebruik ‘n oulike mamma-liedjie as wiegliedjie in jou klas Mei maand. 
    • ‘n Oulike idee is om vir elke mamma of ouma ‘n kroon te maak van Bloekomblare of Ivy blare. Soos wat hul dan by die klas instap kroon jy elke mamma en gee ook die kaartjie saam. (Jy kan ook aankoop by China winkel, maar ‘n selfgemaakte een gaan goedkoper en meer spesiaal wees.)

Rympies

 

Mamma en ek 

My mamma is vir my so lief 
Sy sê ek is ‘n hartedief 
Sy tel my op, gee my ‘n soen 
My hartjie klop kaboem-kaboem 

Every mouse 

Every mouse and bumble bee 
Every bird up in the tree 
Every dog and lady bug 
Loves to feel his mother’s love 
Every bear so fat and funny 
Loves his mother more than honey! 

Mommy 

Mommy mommy I love you! 
Thanks for all the things you do 
I love you and you love me 
That’s the way it should be! 
Mommy mommy I love you 
Thanks for all the things you do! 

Spa-dag by Pienkvoet-Pret

Spa-Dag by Pienkvoet-Pret: By 22-36mnde. klas: Voor die klas begin of tydens buitespel- gee vir elke ma ‘n handdoek en ‘n skottel warm water met lekker olie en ‘n drywende blom in. Kinders moet nou self mamma se voete was en afdroog. Neem skottels weg. Gee nou goldilocks waarmee hul ma se voete moet skuur. Gee nou haarborsels/skoenpolitoerborsels waarmee hul liggies moet vryf. Laat hul nou met room ma se voete lekker smeer.

Ander idees:

Bytjie tema

Idees:

  • Druk die prent van die by op A4 karton, laat 22-36mnde klas self geel kreukelpapier frommel en op die vlerkies plak.
  • Gee van die kaartjies hieronder saam met ‘n klein botteltjie heuning.
  • Lamineer die by prentjie hieronder, plak vas op ‘n skinkbord. Sit vir elk ‘n skeppie heuning op en laat hul met handjies daarin vryf.