Pienkvoet-Pret Kyalami

Monique
kyalami@pienkvoetpret.co.za
083 712 2389

Ontmoet Monique, die Pienkvoet-Pret tannie in Kyalami

My Pienkvoet-Pret avontuur het vroeg 2022 begin toe ek en my dogtertjie begin klassies bywoon. Sy was skaars ‘n week oud toe bespreek ek reeds haar klassie by my naaste tak! Vir my is die ontwikkeling van klein breintjies nog altyd van uiters belang en net om te sien hoe my klein pienkvoet ontwikkel het, het my lewe radikaal verander. Ek het sommer dadelik geweet dat ek binnekort my eie Pienkvoet-Pret moet oopmaak om die wonderlike program by mammas in my area uit te kry! Ek het al in 2022 gekyk na die opsie om my eie tak oop te maak, maar my planne wou net nie uitwerk nie. Toe ek hierdie jaar weer met die idee rondspeel het elke liewe legkaartstukkie net een na die ander inplek geval, daarom het ek geweet die Here het die deure vir my wawyd oopgemaak en ek moes dit met beide hande aangryp!

“FUN FACTS”

  • Ek is mal oor bak, alles van mooi versierde koekies tot die mooiste troukoeke.

  • Ek is die oudste van vier sussies.

  • Fancy sjokolade maak my nie opgewonde nie, gee my ‘n gewone Cadbury sjokolade en ek is op my gelukkigste!

  • My leefarea en kombuis is ‘n “shipping container”.

  • In my studentejare was my haarkleur soos ‘n trapsuutjie – alles van spierwit tot pimpelpers

    “Elke mamma moet Pienkvoet-Pret oorweeg want dit is waar jy jou mamma “community” vind,  en besef dat jy eintlik okei is en dat ander mammas maar met dieselfde dinge as jy sukkel. Pienkvoet-Pret word jou weeklikse fokus-sessie met jou klein lyfie, waar jy onverdeelde aandag gee – geen selfoon of tv insig – en net werklik jou kind geniet. “

    Kontak my om jou eerste GRATIS les te bespreek!

    Monique
    kyalami@pienkvoetpret.co.za
    083 712 2389

    8 + 14 =

    “Tell the story of the mountain you climbed. Your words could become a page in someone else’s survival guide.” – Margan Harper Nichols