wat is pienkvoet-pret?

Pienkvoet-Pret bied reeds vanaf 2000 heerlike en omvattende stimulasie- en -ontwikkelingsklasse aan wat jou kind se algehele ontwikkeling stimuleer.

Ons doel is om aan mammas of pappas die geleentheid te bied om in n ontspanne atmosfeer speel-speel hul baba te stimuleer en te geniet. Hierdie is baie belangrike kwaliteit-tyd met mekaar.

Babas se eerste 1000 dae is ontsettend belangrik! Dis hier waar jy n kind se boublokke vir die res van hul skoolloopbaan vorm.

David Feuerstein het gesê dat n kind n liefdevolle volwassene nodig het om die wêreld vir hom oop te sluit en betekenis daaraan te gee. By Pienkvoet-Pret leer ons jou hoe!

3-6 maande

7-12 maande

13 – 21 maande

22 – 36 maande

wat maak pienkvoet-pret so anders?

Die kurrikulum is ontwikkel deur Anelia Prinsloo en word opgedateer soos nuwe navorsing nuwe feite en idees bring.

Fransesnemers word deurn streng keuringsproses gesif en met sorg en oorleg gekies. Elkeen ontvang volledige opleiding en‘n beproefde, uitgewerkte kurrikulum. Die aandag, liefde en sorg wat elke fransesnemer aan haar ouers en kinders bied, maak van Pienkvoet-Pret n baie prettige en besonderse afspraak.

Mammas kan nie wag vir hul weeklikse klasse waartydens hulle kan deel in die  opwinding en pret van hul kinders se ontwikkeling en groei nie.

Babas kry ook die geleentheid om in n veilige en vriendelike omgewing met ander kinders van hul ouderdomsgroep te leer sosialiseer.  Die klasse vorm ook n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir mammas- lewenslange vriendskappe word hier gesmee, nie net tussen die jonger garde nie, maar ook tussen die ouers. Na elke klas geniet die mammas verversings terwyl die kinders buite-aktiwiteite met hul Pienkvoet-Pret-maatjies geniet.

Ons glo ït takes a village to raise a child.

Wat doen ons by Pienkvoet-Pret? 

Mamma woon saam met baba/kleuter weekliks n uur en n half klas by.

Die klasse word in die volgende 4 groepe ingedeel om te verseker dat ouderdom-spesifieke mylpale bereik word:

3 – 6 maande  | 7 – 12 maande | 13 – 21 maande | 22 – 36 maande

Elke les sluit die volgende pret-aktiwiteite en oefeninge in om spesifieke vaardighede aan te leer en te bemeester:

Groot en fyn motoriese aktiwiteite

Perseptuele- en intellektuele aktiwiteite

Sensoriese bewustheid

Musiek en beweging

Luistervaardighede

Rympies & liedjies

Mors-aktiwiteite

Inleiding tot boeke en die kweek van liefde vir boeke

Baba-massering

Storietyd & kuns-aktiwiteite vir die peuters

Vryspel buite

Play is our brains favourite way of learning.

Diane Ackerman

kom speel saam, jou eerste les is gratis!

Bring jou kosbare kleinding en kom vind vir jouself uit wat die Pienkvoet-Pret familie so spesiaal maak. Kinders met spesiale behoeftes is welkom.